Koffie-en-Beskuit Konsert: Dinsdag, 10 Maart
Ons volgende oggendkonsert vind Dinsdagoggend, 10 Maart, in die groot musiekklas plaas. Die volgende leerders tree op: Anya Greeff – Klavier Anton Titley – Klavier Natalie Lawson – Saksofoon Bella Naylor – Klavier Nina de Villiers – Klavier Ella van der Walt – Klavier Pierre du Toit en Elsie Janse van Rensburg – Klavierduet Pierre du Toit – Klavier Eliana Greeff – Klavier Daniel Oosthuizen – Klavier Hier is enkele algemene reëlings rondom die verrigtinge: * Deelnemende leerders meld stiptelik 07h45 by die groot musiekklas aan met hul instrument. Juf Bea en/of mnr Ben sal daar wees om hulle te ontvang en te help om instrumente te stem. * Elke deelnemende leerder bring slegs een maatjie saam om die konsert by die woon. Ons het ongelukkig nie spasie om meer leerders te akkommodeer nie. * Ouers is welkom om te kom luister – bring gerus koffie saam! * Gebruik asb die deur by die Nasorg om by die musiekklas te kom. Die senior koor oefen in die saal. Tyd: 08h00 – 08h30 Plek: Groot Musiekklas (Musiekdepartement)...
Lees Verder
