Studiekursus: Kwartaal 3
Studiekursus kwartaal...
Lees VerderStudiekursus kwartaal...
Lees VerderJun 12, 2026 | Biblioteek, Akademie, Algemeen, Nuus
Ons versoek vriendelik dat alle boeke wat tans uitgeneem is, asseblief gedurende hierdie week aan die Mediasentrum terugbesorg word. As gevolg van voorraadopname wat voor die Junie-skoolvakansie afgehandel moet word, sal leerders ongelukkig nie vir die res van hierdie kwartaal boeke mag uitneem nie. Ons waardeer almal se samewerking en sien daarna uit om volgende kwartaal weer die boekrakke vir ons leerders oop te stel. Leerders sal dan weer soos normaal boeke kan uitneem en nuwe leesavonture ontdek. Boekgroete Juf....
Lees VerderOp 28 Mei 2026 het 145 leerders aan ‘n opwindende Robotikadag deelgeneem waar hulle die vaardighede wat gedurende kwartaal 1 en 2 aangeleer is, in ‘n praktiese en uitdagende omgewing toegepas het. Die dag se uitdaging was gebaseer op die internasionale tema van die World Robot Olympiad (WRO) 2026, naamlik “Robots Meet Culture”. Die uitdagingsmat het ‘n erfenisgebied uitgebeeld waar robotte verskillende missies moes voltooi om kulturele en historiese elemente te verken en te beskerm. Leerders het in spanne gewerk om hul robotte te programmeer om ‘n reeks missies suksesvol uit te voer. Elke missie het ‘n spesifieke puntwaarde gehad en spanne is volgens die amptelike WRO-puntestelsel beoordeel. Die span wat die meeste missies suksesvol voltooi het, het die hoogste puntetelling behaal. Hierdie wenners van elke graad sal tydens ons laaste saalbyeenkoms aangekondig word. Die uitdaging het veel meer as net programmering behels. Leerders moes hul wiskundige kennis voortdurend toepas deur afstande te skat, metings te doen en meetkundige beginsels te gebruik om die robot se bewegings akkuraat te beplan. Selfs die kleinste fout in afstand of hoek kon veroorsaak dat ‘n missie onsuksesvol was, wat noukeurigheid en kritiese denke vereis het. Een van die mees opwindende aspekte van die dag was die probleemoplossing wat plaasgevind het wanneer robotte nie soos beplan beweeg het nie. Spanne moes saamwerk, hul programme aanpas, oplossings toets en weer probeer totdat die gewenste...
Lees VerderOns is opgewonde om aan te kondig dat Laerskool Jan van Riebeeck op 28 Mei 2026 ons eerste JvR Robotikadag gaan aanbied. Die dag bestaan uit: ‘n robotika kompetisie, spanuitdagings en beoordeling wat in die skoolsaal plaasvind asook koderingsaktiwiteite en praktiese STEM-aktiwiteite vir leerders tydens klastyd. Die robotika-kompetisie sal slegs vir ons Intersenfase leerders (Graad 4–7) aangebied word. Hierdie dag bied aan ons leerders die geleentheid om die vaardighede wat hulle gedurende robotika- en koderingsklasse ontwikkel het, in ’n prettige en opwindende omgewing toe te pas en te vier. Robotika help leerders om belangrike vaardighede soos: probleemoplossing, kreatiewe denke, spanwerk, logiese redenasie en effektiewe kommunikasie vaardighede te ontwikkel – vaardighede wat noodsaaklik is vir die toekoms. Ouers is ook welkom om die robotika-kompetisie wat gedurende die dag in die saal plaasvind, te kom ondersteun. Loer gerus na die sessie-indelings om te sien of jou kind deelneem en wanneer jy kan kom kyk. Ons sien uit om ons leerders se kreatiwiteit, innovasie en harde werk saam met julle te vier! JvR Robotika Spanlede & Sessies...
Lees VerderMei 15, 2026 | Rekenaars, Akademie, Kuns en Kultuur, Nuus, Redenaars
Baie geluk aan die volgende Jannies wat deurdring na ATKV-Redenaaars se semi-finale ronde! Izak Steyn Henry Jordaan Antjie Samuel Alida Loubser Hulle neem die 27ste/28ste Mei deel, ons hou styf duimvas en is reeds baie trots op elkeen van...
Lees Verder
deur Marinda Brink | Jun 26, 2026 | Nuus, Algemeen
deur Megan Zondagh | Jun 25, 2026 | Koor, Kuns en Kultuur, Kuns en Kultuur, Nuus
deur Megan Zondagh | Jun 25, 2026 | Advertensies
deur Megan Zondagh | Jun 25, 2026 | Advertensies
julie
augustus
september
oktober
november
desember
januarie
februarie
maart
april
mei
junie