Ons o/13-seuns het stof in die ander skole se oë geskop en met die eerste plek weggestap! Baie geluk julle vier (Alexander Benecke, Fredrich Erasmus, Danny Newton en Taniel Webber)! Ons sien uit na ons Kleure-sportbyeenkoms aan die einde van die jaar en is opgewonde om ons eie atlete dan weer in aksie te sien.
Baie geluk en sterkte aan nege van ons atlete wat deurgedring het tot die WP Atletiekbyeenkoms wat vandag in die Paarl by Dal Josafat Stadion plaasvind.
Die atlete is Klara Steyn [O/10 Hoogspring], Sebastian Senekal [O/11 Gewigstoot], Johann Loubser [O/12 Diskus], Héloïse Strauss [O/12 Hoogspring], Danny Newton [150m Hekkies], Fredrich Erasmus [Spiesgooi], Nehemia Rosen [O/13 200m Hekkies], Lara-Lisa Senekal [O/13 Spiesgooi] en Scarlett van der Merwe [O/13 800m & 1500m].
Baie dankie aan almal wat gister die wind en stof aangedurf het om ons atlete te kom ondersteun by die Distrikbyeenkoms by Vygieskraal in Athlone. Ons het 22 atlete gehad wat die dag in die wind deelgeneem het. Meeste van die wedlope moes die atlete teen die wind en hul opponente hardloop.
Baie geluk aan nege van ons atlete wat deurgedring het om volgende Vrydag aan die WP byeenkoms , 28 Februarie, in die Paarl deel te neem.
Ons atlete is Klara Steyn, Sebastian Senekal, Heloise Strauss, Danny Newton, Fredrich Erasmus, Johann Loubser, Scarlett van der Merwe, Lara-Lisa Senekal en Nehemia Rosen. Baie dankie ook aan al die onderwysers wat hul klasse vir die dag gelos het om dinge bietjie vinnger te laat verloop. Julle is TOPS!
Die Distrikbyeenkoms vind op Donderdag, 20 Februarie, by Vygieskraal in Athlone plaas. Meer inligting sal met die betrokke atlete gedeel word. Volg die skakel vir die INTERSKOLE se UITSLAE.
Baie dankie aan almal wat ons die laaste twee dae ondersteun het by die jaarlikse Atletiek. Ons deel graag die finale uitslae met julle, maar sal die bekerwenners eers volgende week bekend maak nadat dit met die kinders gedeel is. Onthou asb. dat elke atleet ‘n punt vir deelname kry en dat die finale punte dit en die onderskeie uitslae se punte insluit. Volg die skakel vir die uitslae van die KLEURE ATLETIEK 2019.
Tien van ons atlete het Vrydag, 18 Oktober, in Bredasdorp aan die Top 10 byeenkoms deelgeneem. Dit was die eerste keer wat ons skool hieraan deelgeneem het. Ons het geweet die kompetisie gaan straf wees, maar het nie besef dat daar meer as 42 skole gaan wees nie!!
Ons atlete het hul uitstekend van hul taak gekwyt en het wonderlike prestasies ingepalm.
Scarlett van der Merwe D/12- 1200m, tyd 4:14.46 ; posisie: 2de
Jacomien van der Westhuizen D/13 – 400m; tyd 1:07.91; posisie: 2de
Alexander Newton S/13 – 80mHekkies; tyd 12.87; posisie: 4de
Alexander Newton S/13 – Hoogspring; hoogte 1.50m; posisie 2de
Danny Newton S/11 – 70m Hekkies ; tyd: 12.29s; posisie: 4de
Danny Newton S/11 – Hoogspring ; hoogte: 1.35m; posisie 6de
Danny Newton S/11 – Verspring; afstand: 4.33m; posisie: 3de
Jacques Loubser S/13 – Diskus; afstand: 26.55m; posisie: 7de
Alexander Benecke S/11 – 1200m; tyd: geen; posisie: 8ste
Ons atlete kry vir elke posisie (binne die top 10 per item) wat hulle behaal punte volgens ‘n tabel wat deur atletiek Suid-Afrika opgestel is. Hierdie punte bepaal dan skole /spanne se posisie aan die einde van die byeenkoms. Slegs 49 spanne het punte vir hul uitslae gekry en ons skool het 24ste geëindig. Ons is baie trots op elkeen en sien daarna uit om in 2020 weer te gaan deelneem. Baie dankie aan juf. Kellerman, mnr. Joubert en mnr. Hanekom wat die atlete vergesel het en weer veilig terug besorg het.
Ons is baie trots op Danny Newton en Sophia Liebenberg wat albei vir verspring gekwalifiseer het om aan die Wes-Kaap Kampioenskappe op 3 Maart deel te neem. Danny Newton het 8ste in die Wes-Kaap geëindig en Sophia het 4de geëindig. Dit is ongelooflike prestasies!Baie geluk julle twee.
Dertien van ons atlete het Saterdag, 23 Februarie, aan die WP kampioenskappe by Coetzenburg deelgeneem. Dit het goed gegaan met die meeste van ons atlete, maar nie almal het dit gemaak om onder die top 3 te eindig en so vir hul WP kleure te kwalifiseer nie. Ons is baie trots op Danny Newton en Sophia Liebenberg wat beide vir verspring 3de geëindig het en so hul WP klere verwerf het. Hulle neem Saterdag in die Paarl deel an die Wes-Kaap byeenkoms. Ons wens hulle alles van die beste toe! Vir die volledige uitslae van die WP Kampioenskappe, volg die SKAKEL.
Baie dankie vir almal se geduld en ondersteuning in ‘n week waar baie dinge gebeur het in die Jannies se lewens. Ons het sommer reën in Desember ook gehad. Ons deel graag met julle die finale uitslae van die atletiekbyeenkoms.
Junior Victor Ludorum: Danny Newton
Junior Victrix Ludorum: Sophia Liebenberg
Senior Victor Ludorum: Alexander Newton
Senior Victrix Ludorum: Jacomien van der Westhuizen
Sang / Geesbeker: Oranjespan
Wenspan: Blouspan, 1935 punte (Oranje het 1752 punte)
Baie geluk aan almal. Ons sal later die span vir Interskole op 26 Januraie 2019 by Groenpunt Atletiekstadion,bekend maak.
Sien die week se krieketuitslae hier onder:

Sien die week se krieketuitslae hier onder:


Sien die week se krieketuitslae hier onder:

Sien die week se krieketuitslae hier onder:

Hier volg die week se krieketuitslae:

Hier volg die week se krieketuitslae:


Hier volg die week se krieketuitslae:


Baie geluk aan al ons krieketspelers met die volgende puik uitslae.
27 Februarie 2024:
o.8A JvR teen Llundudno
JvR – 65/1
Llundudno – 39/2
JvR wen met 26 lopies
o.8B teen Houtbaai
JvR – 56/2
Houtbaai 43/3
JvR wen met 13 lopies
o.9A teen Llundudno
JvR – 47/4
Llundudno – 36/3
JvR wen met 11 lopies
28 Februarie 2024:
Kampsbaai kolf eerste en teken 120/3 aan na 15 beurte
JvR 120/2 na 15 beurte
Wedstryd eindig gelykop.
Baie geluk aan Damian Daniels wat 27* lopies bymekaar gemaak het.
20 Februarie 2024:
o.9 A speel teen Llundudno
o.9A JvR 41/0 – Llundudno 26/3
JvR wen met 15 lopies
o.9 B speel teen Seepunt
o.9 B JvR 37/3 – Seepunt 35/3
JvR wen met 2 lopies
o.11A JvR speel teen Llundudno
JvR kolf eerste en teken 77/7 aan na 16 beurte
Llundudno 78/7/ na 15 beurte
Llundudno wen met 3 paaltjies.
Baie geluk aan Logan van Heerden met ‘n boulsyfers van 4 beurte vir 4 paaltjies en het slegs 20 lopies afgestaan.
22 Februarie 2024:
o.13 A speel teen Kampsbaai.
JvR kolf eerste en teken 95 lopies aan.
Kampsbaai kon slegs 28 lopies aanteken.
JvR wen met 67 lopies.
Welgedaan aan Jack Dawes met boulsyfers van 4 beurte 4 paaltjies vir 12 lopies.
Baie geluk aan al die krieketspelers met die volgende uitslae:
- o.7 wen met 9 lopies teen Herzlia
- o.8 wen met 18 lopies teen Herzlia
- o.9 wen met 18 lopies teen Reddam
- o.11 A verloor met 61 lopies teen Ottohub
- o.11 B verloor met 8 paaltjies teen Pinelands North
- Luke Sieberhagen met boulsyfers van 3 beurte 2 paaltjies vir net 4 lopies
Ons atlete het Vrydag, 24 Mei, aan ‘n wedloop in Heathfield deelgeneem. Hier volg die uitslae:
O/7: *Nils le Roux – 18de (het saam met die O/8’s gehardloop, maar met ‘n vinniger tyd as O/7’s)
O/8: *Jana Olivier – 2de; Lili Ann Blomerus – 21ste; Willem Vorster – 41ste
O/9: Marais Groenewald – 21ste; Samuel Wolff – 63ste
O/12: *Scarlett van der Merwe – 3de; Stephan le Roux – 43ste
Baie geluk aan almal!
Ons landloopatlete het Vrydag, 17 Mei, in Vishoek aan hul 3de wedloop deelgneem. Die uitslae is soos volg:
O/7:*Nils le Roux – 3de, Samuel Groenewald – 25ste, Ruben de Ridder – 32ste
O/8:* Jana Olivier – 8ste, Lili-Ann Blomerus – 19de, Delmar Benecke – 11de, Willem Vorster – 37ste
O/9: Marais Groenewald – 11de
O/10: Markus de Ridder – 64ste, Lea de Ridder – 81ste
O/12:* Scarlett van der Merwe – 3de
O/7: Nils le Roux – 3de (uitstekend ! ) Samuel Groenewald – 39ste, Ruben de Ridder – 48ste
O/9: Marais Groenewald – 31ste
O/12: Scarlett van der Merwe – 3de (uitstekend ! )Ruben Vorster – 16de, Stephan le Roux – 67ste
Ons atlete het Vrydag, 3 Mei, aan hul eerste wedloop in Rondebosch deelgeneem. Ons deel graag die uitslae met julle:
o/7: Nils le Roux – 10de, Ruben de Ridder – 41ste
o/9: Zuletha Feirrera – 63ste
o/10: Lea de Ridder – 70ste, Markus de Ridder – 75ste
o/12: Scarlett van der Merwe – ‘n uitstekende 4 de plek ! Ruben Vorster – 30ste
Ons is baie trots op Scarlett van der Merwe wat op 11 Aug aan die WP-landloopbyeenkoms deelgeneem het.
Sy het 17de geëindig. Ongelukkig moes sy onder die top 6 eindig om na die volgende rondte te gaan.
Ons is egter steeds baie trots op haar prestasie en al haar harde werk.
Die landloop Jannies het weer Vrydag, 15 Junie, aan ‘n landloopwedloop te St. Augustine’s deelgeneem. Die weer het egter nie saamgespeel nie en die leerders moes in die stormreën deelneem. Dit was egter moeilik om die posisies wat elke leerder behaal het te bepaal, maar ons is steeds besonders trots op elkeen wat die stormweer trotseer het. Welgedaan aan die volgende leerders:
Mieke Huysamen, Michel-Georges Delpierre, Lea de Ridder, Markus de Ridder, Scarlett van der Merwe, Eugenie Delpierre, Adrian Huysamen, Enzo Vorster en Nikolaas Bergh.
Die landloop is nog volstrek aan die gang en Laerskool Jan van Riebeeck se landlopers het besonder goed in die afgelope twee Vrydae se wedlope gevaar. Ons is baie trots op ons leerders se prestasies, aangesien dit groot byeenkomste met talle deelnemers is. Die prestasies lyk as volg:
Hier volg die week se netbaluitslae:

Hier volg die week se netbaluitslae:

Hier volg die week se netbaluitslae:





Hier volg die week se netbaluitslae:

Hier volg die week se netbaluitslae:


Hier volg die week se netbaluitslae:




Sien die week se netbaluitslae hier onder:



Sien die week se netbaluitslae hier onder:


Sien die week se netbaluitslae hier onder:



Sien die week se netbaluitslae hier onder:


Hier volg die week se rugbyuitslae:

Sien die week se rugbyuitslae hier onder:

Sien die week se rugbyuitslae hier onder:

Sien die week se rugbyuitslae hier onder:

Sien die week se rugbyuitslae hier onder:

Ons rugbyspanne het Saterdag, 13 April, teen Sunningdale te staan gekom en baie goed gevaar. Sien die uitslae hier onder:
o. 7A 3-1 (w)
o. 7B 7-2 (w)
o. 8A 2-0 (w)
o. 8B 5-2 (w)
o. 9A 0-2 (v)
o. 9B 0-6 (v)
o. 11A 0-43 (v)
o. 11B 44-0 (w)
o. 13A 24-19 (w)
Louis Hofmeyr en John Gillmer het Saterdag die Hamiltons Rugbyklub se toekenningseremonie bygewoon. Louis is as die o.8 speler van die jaar aangewys en John die beste o.13 agterlynspeler van die jaar.
Baie geluk, manne! Ons is trots op hierdie wonderlike prestasies van julle!

Ons het Woensdag die nuus gekry dat Frank van der Walt opgeneem is in die WP o.12-oefengroep. Hierdie groep bestaan uit die twee spanne wat die WP o.12 A en B spanne gaan verteenwoordig in Riversdal by die kustoernooi tydens die eerskomende skoolvakansie. Frank raak dan ook die skool se eerste WP-verteenwoordiger in rugby sedert 2013. Baie geluk Frank! Jou harde werk is beloon. Baie geluk ook aan die trotse ouers, naamlik Franci en Nel, ons is saam met julle trots op sy prestasie.
Te danke aan ons afrigters en toewyding van ons ouers en leerders is ons besig om ‘n gesonde rugbykultuur by Laerskool Jan van Riebeeck te kweek. Daar was goeie rugby deur al ons seuns die afgelope twee weke gespeel en die uitslae weerspieël dit.
Kenridge
O.7B 1 – 7
O.7A 0 – 10
O 8B 2 – 5
O 8A 1 – 5
O.9A 0 – 7
O.11A 17 – 33
O.13A 7 – 5
Sunningdale
O.7B 0-6
O.7A 8-1
O.8B 1-4
O.8A 1-2
O.9A 2-3
O.11A 19-0
O.13A 29-12
Sterkte aan al die sportspanne wat die naweek Rawsonville toe reis.
Ons het Woensdag, 03 Mei, teen Goodwood Park rugby gespeel en vir baie was dit hulle eerste skoolwedstryd vir die jaar. Uitslae is as volg:
o.13A wen 36-5
o.11A wen 38-0
o.9A wen 15-0
o.8B verloor 6-0
o.8A wen 6-0
o.7B wen 8-6
o.7A verloor 6-3
Dankie aan al die ouers vir hul ondersteuning. Sterkte aan die o.11- en o.13-spanne wat die naweek teen Laerskool Vredenburg speel.
Die o.13-span het hul laaste ligawedstryd teen Houtbaai Internasionale skool op Vrydag, 8 September, gespeel. Ons is trots om te noem dat die span 5-1 gewen het. Ons het goed in die liga gevaar en sien uit daarna om volgende jaar weer deel te neem.
Ons skaakspelers het 25 Augustus (Vrydag) teen die Deutsche Schule (tuis) gespeel. Ons spelers het uitstekend gevaar en 4-2 gewen. Baie geluk, Jannies!
Ons skaakspan het hul eerste wedstryd vir kwartaal 3 verlede Vrydag, 28 Julie, teen Laerskool Kampsbaai gespeel. Ons Jannies het uitstekende strategiese skuiwe gemaak. Kampsbaai het 4-2 gewen. Ons stap met ‘n glimlag weg wetend dat ons span alles ingesit het.
Ons het Woensdag, 2 Aug., Herzlia in die biblioteek ontvang om teen ons span skaak te speel. Hierdie was ‘n moeilike wedstryd en ons is trots om te kan sê dat ons 3-3 gelykop gespeel het.
Baie geluk, Jannies!
Ons het verlede Vrydag (19 Mei) ons laaste liga skaakwedstryd vir die kwartaal gespeel. Ons spelers was opgewonde om Houtbaai Internasionale skool by ons te ontvang. Ons het die wedstryd 5-1 gewen en is so trots op elke speler se strategiese skuif!
Ons o.13-gemengde skaakspan het die voorreg gehad om Vrydag teen Kampsbaai Laerskool te speel. Ons het 4-2 gewen. Ons is baie trots op ons Jannies!

Ons skaakspan het verlede Vrydag, 5 Mei, teen Herzlia Highlands gespeel. Ons Jannies het tot die einde toe strategies elke skuif beplan, maar ongelukkig het ons 2-4 verloor.
Verlede week het die top skole skaakliga wedstryde afgeskop. Ons het twee wedstryde gespeel. Die eerste wedstryd was 22 April teen International School of Cape Town en ons het 4.5 – 1.5 gewen. Ons tweede wedstryd was 23 April teen Laerskool Tamboerskloof en ons het 6 – 0 verloor. Ons spelers sien uit na die res van die skaakseisoen.
Ons o.11 span het op Vrydag, 19 Augustus, teen Houtbaai Internasionale skool gespeel. Ons het 4-2 verloor. Ons is trots op elke speler wat ons skool verteenwoordig het.
Vriendskaplike wedstryd teen Weizmann (Herzlia)
Ons het Vrydag, 13 Augustus, ons eerste junior skaakwedstryd weg gespeel. Dit was ‘n gemengde span van graad 1 en 2-leerders. Ons het 5-1 verloor. Dit was ‘n wonderlike ervaring.
Ligawedstryd teen Deutsche Schule (DSK)
Vrydag, 13 Augustus, het 5 van ons leerders ‘n skaak ligawedstryd teen Deutsche Schule gespeel. Ons leerders het hulle alles gegee, maar ongelukkig 4.5 – 1.5 verloor.
Ons het Donderdag, 4 Augustus, ons eerste ligawedstryde vir die kwartaal teen Tamboerskloof gespeel en baie goed gevaar. Ons het 5 – 1 gewen. Baie geluk aan al ons spelers [Kyle Meissenheimer, Bella Naylor, Ghia Pereira, Adriaan Bredenkamp, Zander Smit en Ben Esterhuyse] en afrigter, Remondo Solomons met ‘n suksesvolle middag.
Delmar Benecke het die naweek van 25-26 November aan die Cape Town Aquatics (CTA) se WP-kampioenskap as lid van die Vineyard Swemklub deelgeneem.
Delmar het baie goed gevaar en wen die volgende:
100m rugslag – goud seuns o.12
100m vryslag – silwer seuns o.12
Hy swem persoonlike beste tye vir albei sy items. Baie geluk, Delmar! Dis ‘n wonderlike prestasie.
Vrydag, 17 November, het ons deelgeneem aan ‘n individuele swemgala te Laerskool Kampsbaai.
Dit was ‘n wonderlike manier om die somerseisoen af te sluit en ons swemmers het fantasties gevaar. Daar was 6 skole wat teen mekaar deelgeneem het in 49 items. Die uitslae was as volg:
1ste: 14
2de: 14
3de: 16
4de: 2
5de: 3
6de: 0
Ons seunspan het vir die eerste keer die leeraflos gewen waar een swemmer per ouderdomsgroep vanaf o.7 – o.13 deelgeneem het. Ons het op die dag algeheel tweede geeïndig , slegs 11 punte agter Kampsbaai. Ons is trots op al ons swemmers!
Verlede Vrydag, 10 November, het ons o.9 – o.13-leerders aan ‘n aflosgala by die Duitse skool deelgeneem. Borsslag, rugslag, vryslag en die wisselaflosse het op die dag plaasgevind.
In totaal was daar 38 items en 6 skole wat deelgeneem het. Ons leerders het as volg geëindig:
1ste: 13
2de: 9
3de: 14
4de: 2
5de: 0
6de: 0
Dit is uitstekende uitslae en ons is trots op elke swemmer.
Vandag sluit ons af met die finale gala van die jaar te Laerskool Kampsbaai.
Op Saterdag, 5 Augustus, het Delmar Benecke en Karu Rademeyer aan die Cape Town Aquatic Gala by Sweet Valley Primary deelgeneem. Albei het baie mooi geswem en pragtig presteer.
Delmar:
1ste 50m Vryslag
1ste 50m Vlinderslag
1ste 50m Borsslag
1ste 50m Rugslag
Karu:
2de in 25m Vlinderslag
7de in 50m Vryslag
Baie geluk met julle goeie uistlae!
Delmar Benecke het die naweek aan die WP Champs-gala by die Universiteit van die Wes-Kaap deelgeneem. Hy swem pragtig en wen ‘n silwer medalje vir die 50m vryslag en ‘n brons medalje vir die 100m vryslag. Baie geluk, Delmar, dis ‘n wonderlike prestasie!
Ons swemmers het Woensdag, 19 Oktober, aan ‘n aflos pret-gala by Laerskool Kenridge deelgeneem. Daar was 8 spanne waarvan Laerskool Jan van Riebeeck ‘n 5de plek vir die dag behaal het. Baie geluk, Jannies!

Delmar Benecke het Vrydag, 12 Augustus, aan die Nite series Swemgala te Sweet Valley Primary deelgeneem. Hy was 2de in 50m Vryslag, 1ste in 50m rugslag en 1ste in 100m Individuele wisselslag vir seuns o.11. Baie geluk, Delmar!
Op Vrydag, 11 Februarie, kon ons vir ‘n slag ‘n volwaardige Senior swemgala aanbied. Dit was ‘n wonderlike geleentheid waar onderwysers, ouers en kinders weer saam goeie weer en uitstekende swemtalent kon waardeer. Baie dankie aan almal wat die dag deelgeneem het en elke ouer, oom, tannie, oupa, ouma en afrigter wat ons swemmers ondersteun het.
Baie geluk aan die volgende bekerwenners:
- Lisa-Marie Marais Beker (Junior dogter): Stella Pansegrouw
- Marie Louise Lubbe Beker (Junior seun): Delmar Benecke
- Hattingh Beker (Senior dogter): Sophia Liebenberg
- Riëtte van Reenen Beker (Senior seun): Daxton Liversage
Ons bied op Vrydag, 4 Maart, die Junior swemgala aan en sal daarna die Kleurspanwenners aankondig. Volg gerus die skakel vir die dag se uitslae van die top 6 per item.

Sien die week se tennisuitslae hier onder:

Sien die week se tennisuitslae hier onder:

Sien die week se tennisuitslae hier onder:

Hier volg die week se tennisuitslae:

Hier volg die week se tennisuitslae:

Dit is met groot opgewondenheid dat ons die nuus deel van ons tennisspan se deelname aan die onlangse tennistoernooi te Sun City wat gedurende die week van 8-12 Julie ‘n ware beproewing van uithouvermoë en vaardigheid vir ons spelers was. Ons is verheug om ons sukses en ervarings met julle te deel.
Die toernooi het begin met intense wedstryde en ‘n atmosfeer van kompetisie wat aan ons span ‘n unieke geleentheid gebied het om hul vaardighede ten toon te stel. Met elke dag wat verloop het, het ons gesien hoe ons spelers groei en hulself op die baan uitdaag.
Vir die dogterspan was dit ‘n besondere toernooi. Hulle het hulself as formidabele mededingers bewys en het met groot vasberadenheid vir elke punt baklei. Ons is trots om aan te kondig dat ons dogters ‘n indrukwekkende derde plek in die toernooi behaal het. Hierdie prestasie getuig van hul toewyding en harde werk.
Die seuns het ook nie teruggestaan nie en het hulself as mededingende teenstaanders bewys. Hulle beklee ‘n eerbare agtste plek en het elke wedstryd met dapperheid en vasberadenheid aangedurf. Hulle prestasies is ‘n weerspieëling van hul verbintenis tot die spel en die span.
Die ondersteuning van ons jannie-gemeenskap het ‘n groot rol in ons sukses gespeel. Julle aanmoediging en ondersteuning het ons aangespoor om elke dag ons beste op die baan te lewer. Dit was ‘n ervaring wat ons span sal koester en wat ons motiveer om voort te gaan met ons tennisreis.
Ons sien uit na die volgende uitdaging wat op ons wag en is vasbeslote om voort te bou op die sukses wat ons te Sun City bereik het.
Sportgroete,
Suné Swanepoel
Tennishoof

Die afgelope twee weke het ons Seuns B en Gemengde B-span ons skool in verskeie wedstryde verteenwoordig. Die spelers toon uitstaande sportmangees en positiwiteit gedurende uitdagende wedstryde. Ons is trots op elke speler wat die skool se naam hoog hou gedurende hul spel met uitstaande gedrag op die tennisbaan.
Die uitslae beloop soos volg:
- 21 Februarie 2024
Seuns B vs. Laerskool Kenridge, verloor 5-1 - 21 Februarie 2024
Seuns B vs. Laerskool Welgemoed, verloor 0-6.
Gemengde B span vs. Laerskool CBC Parklands, verloor 0-6. - 28 Februarie, 2024
Seuns B vs. Laerskool Mikro, verloor 2-4. - 6 Maart 2024
Seuns A vs. Laerskool van Riebeeckstrand, verloor 5-1.

WP-Tennisnuus
Jeanne van Heerden (o.12A), Stella Pansegrouw (o.12A), Ané Swanepoel (o.13B), Amelie van der Walt (o.12B) en Gustav van der Linde (o.13B) het die naweek van die 1-2 Maart aan die 2024 Synergy Toernooi deelgeneem waar hulle die Wes-Kaap verteenwoordig het. Die uitslae is soos volg:
- WP A-spanne
o.11 A – 2de plek (Silwer) 1 punt verskil
o.12 A – 1ste plek (Goud)
o.13 A – 2de plek (Silwer) - WP B-spanne
o.11 B – 2de plek (Silwer)
o.12 B – 2de plek (Silwer)
o.13 B – 3de plek (Brons)

Geluk aan al die tennisspelers met hul mooi uitslae:
Noord-liga:
Seuns A vs. Laerskool Curro Durbanville, wen 4-2
Seuns B vs. Laerskool Kenridge, verloor 5-1
Gemeng A vs. Laerskool Brackenfell, gelykop 3-3
Dogters A vs. Laerskool Curro Durbanville, wen 5-1
Dogters B vs Laerskool Boston, wen 5-1
Table View-liga:
Gemeng B vs Laerskool van Riebeeckstrand, gelyk 3-3

Ons tennisspelers se uithouvermoë was Woensdag, 7 Februarie, getoets toe hulle hul eerste wedstryd vir die seisoen aangepak het. Die spelers se positiwiteit en geesdrif het hul toegelaat om die spel te geniet asook foute te herken en daaruit te kan leer. Die resultate beloop soos volg:
Noord-liga:
Seuns A verloor teen Eversdal 1-5
Seuns B verloor teen Eversdal 0-4
Gemengde A verloor teen Totius 0-4
Dogters A gelykop teen Eversdal 3-3
Dogters B verloor teen Eversdal 1-5
Table View-liga:
Gemengde B verloor teen Van Riebeeckstrand 2-4
Die tennisseisoen het op ‘n hoë noot afgeskop toe ons eerstespan aan ‘n dubbelstoernooi te Laerskool Kenridge deelgeneem het. Vier skole het aan hierdie toernooi deelgeneem; Laerskole Kenridge, Jan van Riebeeck, Hermanus en Worcester. Die spelers het puik gevaar. Adriaan Wessels en Rafa Lamprecht het 2de plek behaal in die seuns dubbels A-groep en Stella Zulch en Ané Swanepoel het 2de plek behaal in die dogters dubbels B-groep. Laerskool Jan van Riebeeck het ‘n 3de plek behaal. Baie geluk, Jannies!
