Die O/11 en O/13-Jannies het Maandag, 6 September, teen Hamiltons RFC op hulle tuisveld in Groenpunt gespeel. Ons spelers het hierdie wedstryde terdeë geniet en die o/11’s en o/13’s kan hulself ongelukkig ag om 2 naelbytstryde te verloor.

O/11 B verloor 0-48
O/11 A verloor 5 – 7
O/13 A verloor 26-34

Die spelers en hulle ouers kan trots wees op hul sportmangees op die veld, asook die toewyding en vasberadenheid wat getoon is deur die spelers!