Vrydag, 2 Junie  2023
B-liga uitslae: 
Wen Zwaanswyk 30 – 0 
Wen Reps 27 – 1
Wen Somerset House 21 – 2

JvR wen die pool en speel teen Fanie Theron in die semi-finaal. Ons wen 24 – 4

Saterdag, 3 Junie 2023
Wen Totius 12 – 8

Saterdag, 3 Junie, was dit JvR se 3de keer wat ons teen Totius te staan gekom het. Dit was ‘n taai wedstryd. Halftyd was die telling 5-4 vir JvR. In die tweede helfte het die Jannies met ‘n sterk 2de asem teruggekom en behoorlik vir Totius gewys wie die beste span is. Elke speler het meer as hulle beste gegee. Ons is ongelooflik trots op die dogters wat in die koue hierdie wedstryd gespeel het. ‘n Spesiale dank aan ons gereelde groep ondersteuners wat kliphard langs die baan geskree het. Dit is net ‘n voorreg om met so ‘n goep dogters te werk. Die wedstryd is vir altyd in my hart gegraveer.

Juffrou Ischké Felix