Verlede week het die top skole skaakliga wedstryde afgeskop. Ons het twee wedstryde gespeel. Die eerste wedstryd was 22 April teen International School of Cape Town en ons het 4.5 – 1.5 gewen. Ons tweede wedstryd was 23 April teen Laerskool Tamboerskloof en ons het 6 – 0 verloor. Ons spelers sien uit na die res van die skaakseisoen.