Die rugbyspanne het Woensdag, 4 Mei, vir die eerste keer die kwartaal op Hamlet RFC se velde gedraf om teen Mamre Primêr te speel. Dit was ‘n groot voorreg om vir die eerste keer die jaar ons o/9 en o/11-rugbyspanne op die veld te sien. Die o/9-span het hulle eerste rugbywedstryd in blou en oranje gespeel vandat Covid in 2020 ons almal se planne ‘n bietjie om ver gegooi het. Hulle het ongelukkig verloor. Die o/11-span het uitstekend gevaar en kon die bordjies verhang teen Mamre met ‘n telling van 15-7. Die dag is afgesluit met die o/13-span wat ongelukkig verloor het in ‘n wipplank stryd met 34-26.

Ons is trotse Jannies en glo dit gaan ‘n goeie winter vir hierdie spelers wees!