Twee van ons o.12 dogters het die afgelope naweek deel van die Intersone Suidelike span gevorm wat teen spanne van die ander sones moes kompeteer. Stella Lamprecht en Klara Maree het saam die res van hul spanmaats die toernooi gewen en verseker dat Suid-sone met die goud wegstap. Hulle het in die 3 rondes 101 punte aangeteken. Sentrale sone het die naaste aan hulle gekom met slegs 93 punte. Stella het ook vir elke lid van die span ‘n armband gemaak. Welgedaan, meisies! Ons is ongelooflik trots op julle spel en gesindheid.