Baie dankie aan almal wat gister die wind en stof aangedurf het om ons atlete te kom ondersteun by die Distrikbyeenkoms by Vygieskraal in Athlone. Ons het 22 atlete gehad wat die dag in die wind deelgeneem het. Meeste van die wedlope moes die atlete teen die wind en hul opponente hardloop.

Baie geluk aan nege van ons atlete wat deurgedring het om volgende Vrydag aan die WP byeenkoms , 28 Februarie, in die Paarl deel te neem.
Ons atlete is Klara Steyn, Sebastian Senekal, Heloise Strauss, Danny Newton, Fredrich Erasmus, Johann Loubser, Scarlett van der Merwe, Lara-Lisa Senekal en Nehemia Rosen. Baie dankie ook aan al die onderwysers wat hul klasse vir die dag gelos het om dinge bietjie vinnger te laat verloop. Julle is TOPS!