Die graad 1’s het 17 Februarie aan hul eerste kriekettoernooi by Hugo Rust deelgeneem. Dit was ‘n ongelooflike dag en die graad 1’s het dit vreeslik geniet. Hulle het beslis die gees gebring. Welgedaan graad 1!

Dinsdag het ons 0.9-krieketspanne teen Weizmann en Kampsbaai te staan gekom. Die 0.9-Blouspan wen teen Weizmann gemaklik en die 0.9-Groenspan verloor ongelukkig in die laaste boulbeurt teen Kampsbaai.

Beide ons 0.11-spanne het Woensdag teen Herzlia Highlands  en Golden Grove te staan gekom.

Krieket o.11A wen met 72 lopies teen Herzlia Highlands. Ons het 148 aangeteken na 16 beurte.
Ben Esterhuyse – 54 lopies
Alexander Weidemann – 24 lopies
Vincent Oosthuizen – 2 paaltjies vir 5 lopies na 2 beurte
Luke Willows – 2 paaltjies vir 13 lopies na 3 beurte
Alexander Weidemann – 2 paaltjies vir 11 lopies na 2 beurte
Nicolas Marais – 2 paaltjies vir 11 lopies na 2 beurte

Baie geluk, manne!

0.11B het weggespeel teen Golden Grove.  Hier het ons manne al hulle staal gewys en vir Golden Grove vir 46 lopies uitgeboul.  Ons kolwers het gemaklik die teiken behaal en wen die wedstryd met 10 paaltjies. 

Ons 0.13-span het teen Curro-Durbanville te staan gekom. Curro het eerste gekolf en ‘n baie groot telling van 213 aangeteken in slegs 15 boulbeurte.  Ons manne het hard probeer, maar kon ongelukkig nie die telling bereik nie.

‘n Baie suksesvolle week op die krieketveld.  Baie geluk aan elke span wat net hul beste gegee het.