Die o/11 A-span het Woensdag, 23 Februarie, ‘n vriendskaplike wedstryd teen Van Riebeeckstrand gespeel. JvR het eerste gekolf en het 86 lopies na 15 beurte aangeteken. Ben Esterhuyse en Jack Dawes het ‘n pragtige vennootskap aan die gang gehad.
 
Ons verloor ongelukkig die wedstryd met 8 paaltjies. Ben Esterhuyse het ‘n pragtige paaltjie geneem. Hy was ook aangewys as speler van die wedstryd. Baie geluk, Ben.  Ons is so trots.