Die O/9 A en B-spanne het op Dinsdag, 16 November, albei twee wedstryde gespeel. Elke span het teen Reddam House ASB en Herzlia gespeel. Dit was ons eerste wedstryde vir die seisoen en die kinders het dit baie geniet. Dit was ‘n goeie middag vir albei ons spanne en ons het die meeste van die wedstryde gewen.