Die 0/11 A-krieketspan het ‘n ongelooflike lekker seisoen gehad. Die manne het Woensdag hulle laaste wedstryd teen Ottoman’s klub gespeel en dit was omtrent ‘n naelbyt wedstryd.

Ottoman’s het eerste gekolf en teken 86 lopies aan na 20 beurte met die verlies van 6 paaltjies. Jack Dawes het drie pragtige vangskote gevat terwyl Delmar Benecke weer die kolwers laat verstaan het wie is baas met 2 paaltjies vir 15 lopies na 4 beurte. Vincent Oosthuizen neem ook 1 paaltjie vir 13 lopies na 4 beurte, Nils le Roux neem 1 paaltjie vir 15 lopies na 3 beurte en Ruben Eksteen neem 1 paaltjie vir 18 lopies na 3 beurte.

JvR het tweede gekolf en wen die wedstryd met 4 paaltjies. Ruben Eksteen het 11 lopies bygedra en dit was Delmar Benecke en Ben Esterhuyse se rustigheid wat die wedstryd vir ons gewen het. Delmar Benecke het 49 nie uit aangeteken. Hy is ook vir die tweede keer as speler van die wedstryd aangewys.

Baie geluk, Delmar, jy het goeie karakter gewys en koelkop gebly toe die paaltjies begin val.

Dankie aan al die ouer(s) wat die seisoen die manne langs die veld ondersteun het.

Ons wil ook dan baie geluk sê aan Delmar Benecke, Adriaan Wessels en Ruben Eksteen wat in die WP-krieketspan opgeneem is. Geluk, manne! Ons is baie trots.