Baie dankie aan almal wat die sterk winde verlede Donderdag, 6 Februarie, aangedurf het om ons atlete te kom ondersteun. Ten spyte van die wind, het ons ‘n baie goeie byeenkoms gehad. Ons moes egter vir veiligheid die hoogspring items vir die dag kanselleer. Hierdie atlete het op Dinsdag, 11 Februarie, hul items by Gardens Rugbyklub voltooi. Baie geluk aan al ons atlete met hul prestasies. Die O/10 – O/13 atlete wat onder die top 2 posisies vir baanitems en eerste plek vir velditems geëindig het, gaan deur na die Sentrale Distrikbyeenkoms. Die O/7 – O/9 atlete het aan die interskole deelgeneem vir die blootstelling en ondervinding.

Die Distrikbyeenkoms vind op Donderdag, 20 Februarie, by Vygieskraal in Athlone plaas. Meer inligting sal met die betrokke atlete gedeel word. Volg die skakel vir die INTERSKOLE se UITSLAE.