Op Donderdag, 31 Oktober, het meer as 50 van die skool se O/9 tot O/13 swemmers aan Laerskool Table View se swemgala deelgeneem. Die gala het aflos sowel as individuele items ingesluit. Ons skool was ‘n laaste minuut inskrywing nadat ‘n ander skool onttrek het. Die leerders het hulle uitstekend van hul taak gekwyt. Laerskool Jan van Riebeeck het tweede geëindig vir die dag. Volg die skakel vir die finale uitslae.