Op Vrydag, 11 Februarie, kon ons vir ‘n slag ‘n volwaardige Senior swemgala aanbied. Dit was ‘n wonderlike geleentheid waar onderwysers, ouers en kinders weer saam goeie weer en uitstekende swemtalent kon waardeer. Baie dankie aan almal wat die dag deelgeneem het en elke ouer, oom, tannie, oupa, ouma en afrigter wat ons swemmers ondersteun het.

Baie geluk aan die volgende bekerwenners:

  • Lisa-Marie Marais Beker (Junior dogter): Stella Pansegrouw
  • Marie Louise Lubbe Beker (Junior seun): Delmar Benecke
  • Hattingh Beker (Senior dogter): Sophia Liebenberg
  • Riëtte van Reenen Beker (Senior seun): Daxton Liversage

Ons bied op Vrydag, 4 Maart, die Junior swemgala aan en sal daarna die Kleurspanwenners aankondig. Volg gerus die skakel vir die dag se uitslae van die top 6 per item.