Ons het Donderdag, 4 Augustus, ons eerste ligawedstryde vir die kwartaal teen Tamboerskloof gespeel en baie goed gevaar. Ons het 5 – 1 gewen. Baie geluk aan al ons spelers [Kyle Meissenheimer, Bella Naylor, Ghia Pereira, Adriaan Bredenkamp, Zander Smit en Ben Esterhuyse] en afrigter, Remondo Solomons met ‘n suksesvolle middag.