Jan van Riebeeck het vir die eerste keer in vele jare gekwalifiseer en deelgeneem aan die jaarlikse Top Skole skaaktoernooi. Dit het hierdie jaar in Ceres plaasgevind en Ceres Sekondêre skool het as gasheer opgetree. Die kompetisie plaas die Wes-Kaap se top skole teen mekaar. Op laerskoolvlak is daar ‘n O/9, O/11 en O/13 kategorie en in elke ouderdomsgroep is daar ‘n gemengde (seuns en meisies) en ‘n dogters (net meisies) kategorie.

Ons span het aan die O/13 gemengde afdeling deelgeneem. Dis die taaiste kompetisie. Die span het bestaan uit Jan Karsten, Bernard Lombaard, Liezel Snijders, Carla Snijders, Daniel Wasserman en Emma Snijders. Baie dankie aan Lucia de Jager en Kees Snijders wat die span vergesel het en opgetree het as spanbestuurders. Die kompetisie was straf, maar ons span het heel goed gevaar. Ons het 5 rondtes gespeel, 1 gewen, 2 gelykop gespeel en 2 verloor. Ons het algeheel 9de geëindig uit 14 skole. Ons is baie trots op ons span!