Baie dankie vir almal se geduld en ondersteuning in ‘n week waar baie dinge gebeur het in die Jannies se lewens. Ons het sommer reën in Desember ook gehad. Ons deel graag met julle die finale uitslae van die atletiekbyeenkoms.
Junior Victor Ludorum: Danny Newton
Junior Victrix Ludorum: Sophia Liebenberg
Senior Victor Ludorum: Alexander Newton
Senior Victrix Ludorum: Jacomien van der Westhuizen
Sang / Geesbeker: Oranjespan
Wenspan: Blouspan, 1935 punte (Oranje het 1752 punte)
Baie geluk aan almal. Ons sal later die span vir Interskole op 26 Januraie 2019 by Groenpunt Atletiekstadion,bekend maak.

2018-FINALE ATLETIEK UITSLAE