Ons swemspan het Vrydag, 22 Februarie, aan die Kampsbaai Swemgala deelgeneem. Hierdie gala is ‘n aflosgala, dit beteken dat alle items wat plaasvind ‘n aflos formaat aanneem. Hulle het nie hierdie jaar ‘n algehele wenskool aangekondig nie, maar ons het 9 van die 28 items gewen. Die uitslae is aan ons in ‘n PDF formaat gestuur sonder enige posisies wat toegeken is, daarom is dit na die tyd ingeskryf:
20190227120430314