Baie dankie aan almal wat ons die laaste twee dae ondersteun het by die jaarlikse Atletiek. Ons deel graag die finale uitslae met julle, maar sal die bekerwenners eers volgende week bekend maak nadat dit met die kinders gedeel is. Onthou asb. dat elke atleet ‘n punt vir deelname kry en dat die finale punte dit en die onderskeie uitslae se punte insluit. Volg die skakel vir die uitslae van die KLEURE ATLETIEK 2019.