Na ‘n lang wag van 2 jaar was die rugby-droogte eindelik gebreek. Ons het teen spanne van Laerskool Van Riebeeckstrand op hulle tuisvelde in Melkbosstrand gespeel.

Ons spelers het puik rugby in alle ouderdomsgroepe gespeel. Dit was vir die afrigters en spelers heerlik gewees om hul passie te kon uitleef en ons sien uit om die spelers in die tyd wat kom te sien ontwikkel.

Die uitslae vir die dag:
JvR O/9 A wen 10-1 teen VRS O/9 B
JvR O/9 B wen 4-2 teen VRS O/9 C
JvR O/11 A wen 33-0 teen VRS O/11B
JvR O/11 B wen 25-7 teen VRS O/10 B
JvR O/13 A wen 60 – teen VRS O/13 C in ‘n verkorte wedstryd.

Ons sal ouers in kennis stel wanneer ons die volgende wedstryde bevestig het.