Tien van ons atlete het Vrydag, 18 Oktober, in Bredasdorp aan die Top 10 byeenkoms deelgeneem. Dit was die eerste keer wat ons skool hieraan deelgeneem het. Ons het geweet die kompetisie gaan straf wees, maar het nie besef dat daar meer as 42 skole gaan wees nie!!

Ons atlete het hul uitstekend van hul taak gekwyt en het wonderlike prestasies ingepalm.
Scarlett van der Merwe D/12- 1200m, tyd 4:14.46 ; posisie: 2de
Jacomien van der Westhuizen D/13 – 400m; tyd 1:07.91; posisie: 2de
Alexander Newton S/13 – 80mHekkies; tyd 12.87; posisie: 4de
Alexander Newton S/13 – Hoogspring; hoogte 1.50m; posisie 2de
Danny Newton S/11 – 70m Hekkies ; tyd: 12.29s; posisie: 4de
Danny Newton S/11 – Hoogspring ; hoogte: 1.35m; posisie 6de
Danny Newton S/11 – Verspring; afstand: 4.33m; posisie: 3de
Jacques Loubser S/13 – Diskus; afstand: 26.55m; posisie: 7de
Alexander Benecke S/11 – 1200m; tyd: geen; posisie: 8ste

Ons atlete kry vir elke posisie (binne die top 10 per item) wat hulle behaal punte volgens ‘n tabel wat deur atletiek Suid-Afrika opgestel is. Hierdie punte bepaal dan skole /spanne se posisie aan die einde van die byeenkoms. Slegs 49 spanne het punte vir hul uitslae gekry en ons skool het 24ste geëindig. Ons is baie trots op elkeen en sien daarna uit om in 2020 weer te gaan deelneem. Baie dankie aan juf. Kellerman, mnr. Joubert en mnr. Hanekom wat die atlete vergesel het en weer veilig terug besorg het.