Geen bydraes is gevind nie.

 

/ Krieket, Nuus, Sportuitslae
Die 0/11’s het Woensdag, 3 November, ‘n krieketwedstryd teen mekaar gespeel. Hulle is in twee spanne verdeel, Engeland vs Pakistan.
 
Die spanne was soos volg:

Pakistan:
Dawid-Wiese Viljoen (K); Frank vd Walt; Liam Schmidt; Ruald Naude; Delmar Benecke; Liam Joubert; Kai Allewell; Conrad Slabber en Shaye Schwartz.
Engeland:
Conrad Bezuidenhout(K); Ruben Eksteen; Pierre-Jaque Smit; Adriaan Wessels; Marais Groenewald; Schalk van Niekerk; Johan Symington; Willem Vorster; Stephan Holtzhausen en Nicholas Vermeulen.

Pakistan het die loot gewen en besluit om eerste veldwerk te doen. Hulle kry Engeland vir 56 lopies uit. Pakistan het met gemak die 56 lopies afgeslaan en wen die dag. Dawid-Wiese is aangewys as speler van die wedstryd met 40 lopies nie uit nie en Liam Joubert as bowler van die dag met 5 paaltjies.

Delmar Benecke het ook 2 paaltjies geneem, Dawid-Wiese Viljoen 2 paaltjies en Pierre-Jaque Smit 2 paaltjies.

Die gees was hoog en die seuns het dit baie geniet. Baie dankie aan al die ouers wat kom ondersteun het. Ons maak gou weer so. 

/ Krieket, Nuus, Sportuitslae
Die 0/13-krieketspan het op Dinsdag, 26 Oktober, teen Laerskool Kampsbaai op hul veld in Kampsbaai gespeel. Kampsbaai het die lood gewen en besluit om eerste te kolf. Hulle teken ‘n reuse 150 lopies in hulle 20 beurte aan.
 
JvR het hul beurt sterk begin, maar kon net 99 lopies aanteken. Kampsbaai wen die wedstryd met 51 lopies. Welgedaan aan al die spelers wat deelgeneem het.
/ Krieket, Nuus, Sportuitslae
Die O/11-Krieketspan het op Woensdag, 27 Oktober, Laerskool Van Riebeeckstrand (VRS) se A-span in Melkbosstrand aangevat. Ons het vanuit ‘n lekker warm Kaapstad vertrek en is begroet met die koel seebries wat oor die veld gewaai het.
 
Dit het nie ons spelers enigsins beïnvloed nie en hulle het hulself puik van hul taak gekwyt. Ons het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen. VRS teken 73 lopies vir 9 aan. Daarna is dit ons beurt om te kolf. Conrad Bezuidenhout kry 23 lopies nie uit nie en ons wen met 5 paaltjies.
 
Ons twee nuwe afrigters, Zané en Harry (van Ryan Maron Krieketakadamie), het ons kom ondersteun en vir André Marais as die speler van die wedstryd aangewys. Baie geluk aan juf. Ischké Felix en haar span.  ‘n Baie goeie middag vir almal!
/ Krieket, Nuus, Sportuitslae

Die O/9 Spanne het Dinsdag, 29 Oktober, teen Laerskool Seepunt gespeel. Hulle het ‘n suksesvolle middag gehad en hul wedstryd gewen.

Die O/11 span het Woensdag, 30 Oktober, onder die skaduwee van Tafelberg teen Herzlia Highlands by Narazeth House gespeel. Die velde en die uitsig was ongelooflik. Werner Steyn en Sebastian Maree het beide 2 paaltjies geneem en slegs 1 lopie tydens hul beurt afgestaan. Jan van Riebeeck wen die wedstryde met 9 paaltjies.

Die O/13 span het hierdie week ‘n loslootjie gehad. Ons beplan ‘n Day/Night wedstryd vir 2 Desember by Groenpunt Krieketklub vir die O/13 span. Meer inligting sal aan ouers gestuur word.

/ Krieket, Nuus, Sportuitslae

Die O/11 span het Woensdag, 23 Oktober, teen Reddam House ASB by Groenpunt Krieketklub gespeel. Reddam House ASB se telling was 80 vir 5 en Jan van Riebeeck se telling, 84 vir 1. Jan van Riebeeck wen met 5 lopies.
Die O/13 span het Donderdag teen Kronendal weg gespeel. Kronendal wen met 5 lopies.
Die O/9 spanne het nie Dinsdag enige wedstryde gespeel nie.

/ Krieket, Nuus, Sportuitslae

Die krieketwedstryde het hierdie week afgeskop. Die O/9 A & B Spanne het Dinsdag, 15 Oktober teen Llundudno by die Groenpunt Krieketklub gespeel. Die O/9 A span wen en die B span verloor.

Die O/11 span het Woensdag, 16 Oktober, teen Kronendal tuis op die Conradieveld gespeel. Kronendal se telling was 49 vir 6 en Jan van Riebeeck se telling, 53 vir 2. Jan van Riebeeck wen met 9 paaltjies.

Die O/13 span se wedstryde het Donderdag afgeskop teen Seepunt. Dit het baie goed gegaan met Jan van Riebeeck. Ons kry 116 almal uit en Seepunt teken 22 lopies aan, almal uit. Jan van Riebeeck se veldwerk was uitstekend en ons wen met 94 lopies!Baie goeie begin,manne!

/ Krieket, Nuus, Sportuitslae

Die 013-krieketspan het die eerste kwartaal se krieketseisoen op ‘n hoogtepunt afgesluit deur Laerskool Kampsbaai met 34 lopies te klop. Ons manne het eerste gekolf en 113 lopies op die bord gesit. Keegan Schoeman het 53 lopies aangeteken en Jordan Thomas het hom ondersteun en 16 lopies bygedra tot die totaal. Hulle het ‘n sterk vennootskap van 39 lopies gehad, voordat ons ‘n paar vinnige paaltjies verloor het. Kampsbaai is ingestuur om te kolf toe die reën begin val het. Dit het ons manne nie gekeer om alles op die veld te gee nie. Peet en Ruben het albei 3 paaltjies geneem met Jordan, Thornley, Christian en Keegan wat 1 paaltjie elk geneem het om Kampsbaai se wenkoers te vertraag. Christian en Sebatian Boshoff se briljante reaksie vaardighede met die bal het ons seuns in die spel gehou. Alex Newton het dit in styl voltooi met 2 direkte “run outs” en die wedstryd was verby. Dankie manne vir ‘n opwindende wedstyd. Dankie ook aan Christian Boshoff se pa vir die heerlike boereworsrolletjies! Wel gedaan manne, ons sien uit na volgende seisoen!

/ Krieket, Nuus, Sportuitslae
Op Dinsdag, 26 Februarie, het ons O/9 A en B krieketspanne teen Reddam House gespeel. Die A-span het met 2 lopies verloor en die B-span met 8 lopies. Dankie vir ‘n wonderlike seisoen manne, ons maak weer so in die 4de kwartaal.
/ Krieket, Nuus, Sportuitslae

0/11 A Krieketspan het Woensdag, 26 Februarie, teen Laerskool Kampsbaai gespeel. Hulle kies om eerste te kolf en teken 95 in 20 boulbeurte aan. Taniel Webber neem 2 paaltjies vir sles 6 lopies. Ons slaan toe 87 in ons 20 beurte. Sebastian Maree teken 13 aan. Ons verloor ongelukkig die wedstryd met 9 lopies.

/ Krieket, Nuus, Sportuitslae
Die O/9 A-span het Dinsdag Herzlia Weizmann se span met 45 – 21 geklop. Die manne het baie mooi spanwerk getoon tydens hierdie oorwinning. Die O/9 B-span het ook ‘n oorwinning teen Seepunt se B-span gehad met 37-24. Die O/9 A en B spanne het ook verlede Saterdag aan Laerskool Fanie Theron se Mini-Kriekettoernooi deelgeneem en goed gevaar. Die A span het teen Fanie Theron gewen en ongelukkig teen L/S Stellenbosch verloor. Die B span het ongelukkig beide hulle wedstryde verloor, maar baie goeie spangees getoon. Johan Symington en Marais Groenewald het elkeen ‘n medalje ontvang vir speler van die dag.
Geen bydraes is gevind nie.
/ Netbal, Nuus, Sportuitslae

Baie geluk aan ons spelers met puik uitslae teen Aristea:

0.7A – wen 2 – 0
0.8A – wen 5 – 0
0.8B – wen 4 – 1
0.9A – wen 8 – 0
0.9B  – wen 4 – 0
0.10A – wen 25 – 0
0.10B – wen 14 – 0
0.11A – wen 18 – 2
0.11B – gelykop 1 – 1
12A – wen 18 – 7
12B – wen 11 – 5
0.13A – wen 36 – 3
0.13B – wen 17 – 1

/ Netbal, Nuus, Sport, Sportuitslae

Die o.10A-netbaldogters het Saterdag aan Laerskool Durbanville se 0.10-sportdag deelgeneem en baie goed gevaar. Baie geluk aan Cato Terblanche wat as speler van die dag aangewys is.

Wen teen Welgemoed B 12 – 3
Verloor teen Totius 6 – 7
Wen teen Belville Noord 10 – 2
Wen teen Vredekloof 9 – 0

Ons is trots op die Jannies se goeie spangees en sportmanskap.

/ Netbal, Nuus, Sport, Sportuitslae

‘n Besige program en konsert gaan beslis nie enige van ons personeel keer om Donderdag hul ninja turtle pakkies of tutus aan te trek nie. Op Donderdag, 29 September, het die personeel drie spanne  saamgestel om teen ons o.13-netbaldogters te speel. Die musiek het gepomp en almal wat vir skool opgedaag het, het om die baan saamgedrom. Almal was gereed vir die kragmeting en die aksie het begin. Ons terreinpersoneel het nie terug gestaan nie en het die o.13 C-span 4 – 2 gewen. ‘n Paar van die graad 7-seuns het ingespring om die spanne vol te maak of in te ruil na halftyd. Die Ninja turtles het daarna die o.13 B-span oortuigend met 10 – 4 gewen. Al brom van die A-span onderwysers dat die skeidsregters te streng was, het hul steeds 7-6 gewen. Baie dankie aan almal wat ondersteun of saamgespeel het. 

/ Netbal, Nuus, Sport, Sportuitslae

Tien netbaldogters het die naweek van 23-25 September hulle sakke gepak en die pad Weskus toe gevat.

Die meisies was moeg na die week se konsert en almal het eers ‘n uiltjie geknip om hulle kragte op te bou vir die eerste wedstryde in St Helenabaai. Die slapie was ongelukkig nie genoeg nie en hulle het die eerste wedstryd teen St Helenabaai primêr 9-14 verloor. Na die verloor was almal skielik wakker en wen die volgende wedstryd teen HP Williams 13 – 5. Meneer Lourens het die aand vir almal lekker hamburgers langs Jacobsbaai se waters gebraai. Vrydagaand se spanbousessies het nie te laat aangehou na die week se aktiwiteite nie en almal is vroeg bed toe.

Niemand het omgegee om vroeg op te staan toe hulle Saterdagoggend die ontbyt sien wat mnr. Lourens en Gladdys vir hulle voorberei het nie. Met die magies vol en die sakke gepak, was hulle reg vir die vol dag wat voorgelê het by Hoërskool Hopefield. DCAS in samewerking met Weskusnetbal het ‘n dag by die skool aangebied ter viering van die Wêreldbeker Netbal wat in Julie/ Augustus 2023 in Kaapstad aangebied word. Dit was ‘n dag vol opwinding waar ons saam met Hopefield se o.13-span Engeland verteenwoordig het. Ons is met ope arms en baie kos ontvang. Daar was drie stasies die oggend waar Weskus se federasiespelers vaardighede en speletjies met die spelers gedeel het. Die Tornado’s speler, Amber Coraizin, het haar ervarings met die spelers gedeel en hulle gemotiveer om aan te hou werk aan hul drome.
Teen 11:30 was die tyd vir speletjies verby en het ons die Jannie-wapenrusting (rokkies) aangetrek en Hopefield se o.13 /o.14-span op die baan aangevat. Halftyd was ons 8-5 voor en almal het reeds aan hul lywe gevoel dat dit ‘n baie fisiese wedstryd gaan wees. In die tweede helfte van die wedstryd het Hopefield verskeie spanveranderinge gemaak, maar dit het ons Jannies net meer woema gegee en hulle het dit alles op die baan gelos. Ons wen die wedstryd 19-12. In juffrou Ischké Felix se woorde “Elkeen het 100% en meer gegee. Dit is verewig in my hart gegraveer.”

Sophia Liebenberg word aangewys as speler van die dag. Dit is ‘n ongelooflike prestasie omdat dat daar o.11 tot o.15 spanne betrokke was. Bennie Saayman, President van die Wes-Kaap netbalfederasie en voormalige Proteasafrigter, het haar prys aan haar oorhandig.

Na die oggend / middag se opwinding was die gees hoog in die bus op pad terug Jacobsbaai toe. Hulle is verras met ‘n “Sunset cruise” op Langebaan se lagoon en het daarna heerlik by Mykonos geëet.

Dit was ‘n ongelooflike toer met spesiale dogters. Ons wens hulle alle voorspoed toe vir die toekoms en kan nie wag om hulle dop te hou op die pad vorentoe nie.

Baie dankie aan juffrou Ischké Felix (afrigter), juffrou Shahneé Felix (skeidsregter), mnr. André Lourens (busbestuurder en sjef) en Gladdys wat die leerders vergesel en versorg het.

/ Netbal, Nuus, Sport, Sportuitslae

Ons spanne het Woensdag, 24 Augustus, teen Laerskool Kenridge gespeel. Dit was ‘n heerlike middag. Van ons spanne het teen hul laer spanne gespeel om die spanne se kragte beter te balanseer. Kenridge is ‘n skool met ongeveer 1600 leerders. Sien die uitslae hieronder:

o.7 A verloor 6-1 Kenridge A
o.7B verloor 4-2 Kenridge C
0.7 C verloor 5-0 Kenridge D

0.8A gelykop 5-5 Kenridge C
0.8B verloor 3-1 Kenridge D
o.8C verloor 3-0 Kenridge E

o.9 spanne speel nie.

0.10A wen 8-3 Kenridge A
o.10B verloor 2-1 Kenridge C
o.10 C verloor 7-2 Kenridge D

o.11A gelykop 7-7 Kenridge A
0.11 B wen 5-4 Kenridge C
o.11C gelykop 2-2 Kenridge D

o.12A verloor 10-16 Kenridge A
o. 12 B verloor 6-5 Kenridge C
o.12 C verloor 5-1 Kenridge D

o.13A gelykop 14-14 Kenridge A
o.13B verloor 0-11 Kenridge C
o.13C verloor 0‐20 Kenridge D

/ Netbal, Sportuitslae

Ons C-spanne het Maandag, 15 Augustus, teen spanne van Laerskool Vredekloof te Brackenfell gaan speel. Die meeste van ons spanne het teen hul A of B spanne gespeel. Die uitslae was soos volg:

  • o.7 C verloor 0-3
  • o.8 C verloor 1-2
  • o.9 C verloor 0-9
  • o.10 C verloor 4-12
  • o.11C verloor 4-5
  • o.12 C verloor 4-2
  • o.13 C verloor 11-4
/ Hokkie, Netbal, Nuus, Rugby, Sportuitslae

Nie reën of modder kon Vrydag ons spelers se gees keer nie. Ons hokkiespanne het Vrydag vir die eerste keer teen Dirkie Uys te staan gekom vir ons jaarlikse Interskole en het hul uitstekend van hul taak gekwyt. Hulle het deur die reën en koue steeds hul beste gegee. Ons het spesiaal vir Vrydagmiddag ‘n seuns en dogters o.7 en o.8 span saamgestel. Ons spelers was bietjie min en dieselfde kinders het die o.7 en  o.8 span verteenwoordig. Baie van die spelers het Saterdag teruggekeer om vir Dirkie Uys op die netbalbaan en rugbyveld te kom aandurf. Baie dankie aan al ons ouers en ondersteuners wat langs die veld en baan was om ons aan te moedig. Hier volg ons uitslae:

HOKKIE:

  • o.7 en o.8 spanne verloor hul wedstryde met onbekende tellings, maar geniet dit gate uit!
  • o.9 dogters verloor 1 – 2 
  • o.9 seuns wen 1-0
  • o.10 dogters wen 3-0
  • o.10 seuns wen 1-0
  • 0.11 dogters wen 5 – 0
  • 0.13A dogters gelykop 0-0
  • o.13 seuns wen 2-0

NETBAL:

  • o.7 A wen 4-2
  • o.7 B wen 3-2
  • o.8 A verloor 3-5
  • o.9 A wen 6-5
  • o.9 B wen 4-2
  • o.10 A wen 11-3
  • o.10 B wen 4-1
  • o.11 A gelykop 11-11
  • o.11 B wen 11-3
  • o.12A wen 15-11
  • o.12 B verloor 10- 2
  • o.13 A wen 21-7
  • o.13 B verloor 2-5

RUGBY:

  • o.7 A verloor 1 – 5
  • o.7 B verloor 6-7
  • o.8 A wen 4-0
  • o.9A gelykop 3 -3
  • o.11A wen 22 – 12
  • o.13 A verloor 45-12
/ Netbal, Nuus, Sportuitslae

Die toernooi het op ‘n koue noot afgeskop, maar ek is seker almal wat dit bygewoon het kan getuig dit was ‘n heerlike atmosfeer en pragtige omgewing. Al ons spanne het die geleentheid gehad om deel te neem en die uitslae was soos volg:

0.7 A
Verloor 6 – 0 Robertson
Wen 6 – 0 Bredasdorp
o.7 B
Verloor 2 – 4 Robertson
Verloor 0 – 5 Swellendam

o.8 A
Verloor  0 – 3 Swellendam
Verloor 0 – 8 Robertson
o.8 B
Verloor 0 – 6 Wynland
Verloor 0 – 3 Bredasdorp

o.9 A
Wen 6 – 5 Robertson
Verloor 3 – 2 Bredasdorp
o.9 B
Wen 4 – 2 Robertson
Verloor 6 – 4 Heidelberg A

o.10 A
Wen 5 – 1 Overberg
Gelyk 5 – 5 Swellendam
o.10 B
Verloor 6 – 1 Robertson
Verloor 8 – 1 Montague

o.11 A
Wen 6 – 3 Overberg
Verloor 4 – 1 Bredasdorp
o.11 B
Wen 5 – 4 Robertson
Gelyk 4 – 4 Swellendam

o.12 A
Wen 8 – 6 Robertson
Verloor 8 – 10 Jeffreysbaai
o.12 B
Verloor 6 – 4 Robertson
Verloor 4 – 1 Wynland
o.12 C
Verloor 0 – 2 Robertson
Verloor 5 – 3 Robertson D

o.13 A
Wen 8 – 1 Robertson
Wen 4 – 1 Swellendam
o.13 B
Verloor 1 – 10 Bredasdorp
Verloor 1 – 5 Overberg
o.13 C
Wen 3 – 0 Pinelands North
Verloor 3 – 5 Eversdal D

/ Netbal, Nuus, Sportuitslae

Baie dankie aan almal wat ons spelers kom ondersteun het. Die uitslae was soos volg:

o.7
A wen 3 – 0
o.8
A verloor 2 – 3
B wen 3 – 0
o.9
A wen 16 – 0
B wen 12 – 0
o.10
A wen 12 – 0
B wen 8 – 0
o.11
A wen 21 – 1
B wen 15 – 0
o.12
A wen 25 – 0
B wen 20 – 0
o.13
A wen 48 – 0
B wen 10 – 1
/ Netbal, Nuus, Sportuitslae
Ons netbalspanne het hierdie week 2 wedstryde gespeel. Ons moes ons wedstryde van Maandag, 4 Mei, skuif as gevolg van netbalproewe wat op 4 Mei plaasgevind het. Ons spanne het Maandag teen Curro Durbanville weg gespeel. Die uitslae is as volg:
 
o/7 A wen 13 -1
o/8 A wen 6-2
o/8 B verloor 0-6
o/9 A wen 6-1
o/9 B wen 4-0
o/10 A wen 11-0
o/10 B wen 10-1
o/11 A gelykop 5-5
o/11 B wen 12-0
o/12 A wen 16 -0
o/12 B wen 15-0
o/13 A wen 33-2
o/13 B wen 8- 2
 
Op Woensdag, 11 Mei, het ons spanne teen Curro Century City tuis gespeel. Die uitslae vir die dag is as volg:
 
o/7 A wen 5-0
o/7 B gelyk 1-1
o/8 A wen 15-0
o/9 A wen 21-0
o/10 A wen 23-0
o/11 A wen 16-2
o/11 B wen 12-0
o/12 A wen 25-0
o/13 A wen 34 – 0
o/13 B wen 15-0
 
Ons kan sien dat die afgelope jaar en ‘n half wat ons skool voortgegaan het met ons aangepaste sportprogram ons spanne baie goed gedoen het. Ons spelers het steeds blootstelling aan verskeie vaardighede gehad terwyl baie ander skole geen sport beoefen het nie. Baie dankie aan al ons onderwysers en afrigters wat soveel ekstra tyd en energie ingesit het.
/ Netbal, Nuus, Rugby, Sportuitslae

Ons O/7 tot O/9 rugby- en netbalspanne het op Saterdag, 20 Julie, aan Fanie Theron se Mini-Sporttoernooi deelgeneem. Dit was ‘n heerlike dag met lekker weer en goeie sportman(vrou)gees. Ons deel graag die uitslae:

O/7 A rugby: wen 6 – 2 vs. Destinatus, verloor 0-3 vs. Fanie Theron, wen 6-1 vs. Goodwood Park
O/7 B rugby: verloor 1 – 6 vs. Simonsberg; wen 5-1 vs.Fanie Theron
O/8 rugby: wen 2-0 vs. Goodwood Park; verloor 0 – 3 vs. Fanie Theron; wen 13-0 vs. Reddam House Durbanville
O/9 rugby: wen 3-0 vs. Destinatus; wen 5-0 vs. Bellville-Noord; verloor 0-1 vs.Fanie Theron
Ons maak as ‘n reël nie die tellings van die O/7 en O/8 spanne bekend nie omdat die fokus vir hierdie groepe op deelname val.
O/7 A & B netbal: Ongelukkig het hulle al hul wedstryde verloor, maar vir baie spelers in hierdie spanne was dit hul eerste wedstryde. Die dogters het hul soos dames gedra en ons skool se naam hoog gehou met hul pragtige maniere.
O/8 A & B netbal: Beide spanne wen al hul wedstryde vir die dag.
O/9 A netbal: wen 9-0 vs. Simonsberg; wen 10-0 vs. Destinatus; wen 8-0 vs. Reddam House Durbanville
O/9 B netbal: wen 5-0 vs. Simonsberg; wen 2-1 vs. Fanie Theron

Baie dankie aan almal wat die spelers op die dag kom ondersteun het. Dit was ‘n heerlike toernooi!

/ Nuus, Rugby, Sportuitslae

Die rugbyspanne het ook hierdie week wedstryde teen Curro Century City gespeel, maar hulle het weg gespeel. Dit het baie goed gegaan met al ons spanne.
Die uitslae:
O/7 A 4 – 0 (wen) vs. Curro Century City
O/8 A 8 – 4 (wen) vs. Curro Century City
O/9 A 6 – 0 (wen) vs. Curro Century City
O/11 A 10 – 10 (gelyk) vs. Curro Century City
O/13 A 21 – 0 (wen) vs. Curro Century City

/ Nuus, Rugby, Sportuitslae

Van ons O/7, O/8 en O/9 rugbyspelers het Woensdag, 22 Mei, saam met hul afrigters by Laerskool Kenridge gaan kuier en van hul spanne aangevat. Ons het teen hul A en C spanne gespeel. Kenridge is ‘n skool met meer as 1000 leerders en ons was baie op ons senuwees vir hierdie middag, maar die Jannies is nie bang nie en ons het hulle vierkantig in die oë gekyk. Ons spelers het gewys waarvan hulle gemaak is en die uitslae is soos volg:
O/7 B 8 – 4 (wen) vs. Kenridge C
O/7 A 0 – 5 (verloor) vs. Kenridge A
O/8 B 5 – 2 (wen) vs. Kenridge C
O/8 A 0 – 2 (verloor) vs. Kenridge A
O/9 B 4 – 1 (wen) vs. Kenridge C
O/9 A 0 – 7 (verloor) vs. Kenridge A
Ons is baie trots op ons spelers en sê baie dankie vir ons afrigters, juf Smook, mnr. Pieterse, Coach Mure en Coach Shaun vir hul ondersteuning en tyd.

/ Nuus, Rugby, Sportuitslae

Ons O/9 tot O/13 rugbyspanne het Woensdag, 15 Mei, vriendskaplike wedstryde teen Elkanah House se spanne gespeel. Dit het baie goed gegaan ons O/9 A span het ‘n astronomiese oorwinning behaal.
Die uitslae is soos volg:
O/9 A [7-a-side] 70 – 0 (wen)
O/9 B [7-a-side] 10 – 20 (verloor)
O/11 A [15-a-side] 31 – 0 (wen)
O/13 A [10-a-side] 21 – 0 (wen)
Baie geluk manne!

/ Nuus, Rugby, Sportuitslae

Ons O/7- O/13 spelers het Maandag, 29 April teen Laerskool Van Riebeeckstrand in Melkbosstrand gespeel. Daar was groot opwinding onder die O/7 spelers omdat dit hul eerste wedstryd was. Die uitslae is soos volg:
O/7 A 15 – 10 (wen) O/7 B
O/8 A 15 – 5 (wen) O/8 B
O/9A 15 -10 (wen) O/9 B
O/11A 10 -5 (verloor) O/10 VRS B
O/13A 28 – 0 (wen) VRS B

Baie geluk manne,dit was ‘n goeie begin!

/ Nuus, Rugby, Sportuitslae
Ons O/9 – O/13 rugbyspanne het Woensdag, 24 April, hul eerste wedstryde vir die seisoen teen Parklands College gespeel. Hierdie was vriendskaplike wedstryde en het as lekker opwarming vir die seisoen gedien. Ons spanne het hul baie goed van hul taak gekwyt en wen al hul wedstryde vir die middag.
Die uitslae is soos volg:
O/9A 3-2 (wen)
O/9B 8-1 (wen)
O/11A 31-10 (wen)
O/11B 46-0 (wen)
O/13A 38-17 (wen)
Die volgende wedstryde is by Laerskool Van Riebeeckstrand in Melkbosstrand op Maandag, 29 April.
/ Nuus, Rugby, Sportuitslae

Hierdie wedstryde was harde wedstryde vir beide skole. Beide skole het spelers gehad wat ‘n besoek by die hospitaal gemaak het. Almal is gelukkig piekfyn en geen ernstige beserings is opgedoen nie. Ons spanne het soos volg gevaar:

O/8 B wen 5 -2
O/8 A wen 4-0
O/9 verloor 3-4
O/11 wen 29 -0
O/13 verloor 10 -22

Die O/11 span is hierdie jaar onoorwonne met hul ligawedstryde. Baie geluk manne,ons is baie trots op julle en julle afrigter,mnr. Theuns van der Bank.

/ Nuus, Rugby, Sportuitslae

Al het ons busse bietjie laat by die skool weggekom, het almal dit darem gemaak tot by Table View en lekker rugby gespeel. Die uitslae vir die wedstryde was soos volg:

O/7 verloor
O/8 wen 2 – 1
O/9 gelyk 3 – 3
O/11 wen 12 – 0
Die O/13 span het nie gespeel nie, want hulle vetrek Donderdag, 23 Augustus, op ‘n toer na George.
/ Nuus, Rugby, Sportuitslae

Ons het ‘n baie goeie middag teen Curro Century City gehad. Al ons spanne het hul wedstryde gewen.
O/7 wen 7 – 0
O/8 wen 5 – 1
O/9 wen 3 – 2
O/11 wen 24 – 0
O/13 wen 20 – 19

/ Nuus, Rugby, Sportuitslae

Ons het op die Hoërskool se Buysveld teen Sunningdale se spanne gespeel. Dit het baie goed gegaan met ons rugbyspanne. Die uitslae vir die dag is:
O/ 7 wen 3 – 2
O/8 wen 10 – 0
O/9 verloor 4 – 5
O/11 wen 74 – 5
O/13 wen 31 -12

Vanaf O/7 tot O/9 … dui ons die aantal drieë aan.

/ Nuus, Skaak, Sportuitslae

Op Donderdag, 22 Augustus, het ons O/13 gemengde span (Jan Karsten, Bernard Lombaard en Carla Snijders) teen Forres (weg) gespeel en gewen. Die O/11 gemengde span (Emma Snijders, Melandi du Plooy, Carter Schoeman en Ben Schoeman) het Vrydag, 23 Augustus (tuis) teen Forres gespeel en ongelukkig verloor.

/ Nuus, Skaak, Sportuitslae

Op Vrydag, 23 Augustus, het vier van ons leerders, Peet en Jan Karsten en Liezel en Carla Snijders, by Klein Boishaai skool in die Paarl aan hul jaarlikse skaaktoernooi deelgeneem en net-net in die laaste ronde teen Welgemoed verloor en tweede geëindig. Baie geluk julle!

/ Nuus, Skaak, Sportuitslae

Vrydag, 16 Augustus, het ons gemengde O/11 en O/13 spanne ligawedstryde teen St. Cyprians tuis gespeel. Die O/11 span het 2-4 verloor en die O/13 span het 6-0 gewen.

/ Nuus, Skaak, Sportuitslae

Ses van ons kinders het Donderdag, 15 Augustus, vriendskaplike wedstryde teen Panorama gespeel en gelykop met 3 elk geëindig. Die spelers was: Jan Karsten, Carla Snijders, Emma Snijders, Daniel Wasserman, Heino du Plooy en Melandi du Plooy.Baie geluk julle!

/ Nuus, Skaak, Sportuitslae

Ons O/13 gemengde skaakspan het op Saterdag, 20 Julie, aan die Distrik uitspeel rondte vir skole deelgeneem en het deurgedring na die Wes-Kaap rondte wat oor die naweek van 31 Aug – 2 Sep gaan plaasvind. Baie geluk aan die volgende leerders wat die skool verteenwoordig het:
Bernard Lombaard
Petrus Bosman
Jan Karsten
Liezel Snijders
Carla Snijders
Keegan Schoeman
Daniel Wasserman

/ Nuus, Skaak, Sportuitslae

Petrus (Gr.4) en Louis (Gr.2) Bosman het die afgelope vakansie aan die SA Skole Individuele Skaak Kampioenskappe in Kimberley deelgeneem, albei as deel van die Wes-Kaap span. Dit was die laaste been hierdie jaar van die reeks toernooie wat met die distrik proewe in Februarie begin het. Louis het met 3 uit 7 punte 14de geëindig. Petrus het met 6 uit 7 punte 2de geëindig. Petrus is gekies om volgende jaar Suid Afrika te verteenwoordig by die Wêreld Skole Individuele Skaak Kampioenskappe in Peru, Suid-Amerika, sowel as die Afrika Skole Individuele Skaak Kampioenskappe. Baie geluk aan beide broers, dit is uitstekende prestasies!!!!Ons is sommer BAIE trots op julle !

/ Nuus, Skaak, Sportuitslae

Jan Karsten, Petrus Bosman en Louis Bosman was die afgelope naweek in Mosselbaai vir die Wes-Kaap Skole Individuele skaakkampioenskappe. Hulle het al drie die WP-span (deesdae die Metro-span), verteenwoordig. Die onderskeie streke WP (Metro), Boland, Weskus, Eden en Overberg se spanne het deelgeneem. Dis ongeveer 80 spelers per ouderdomsgroep.

Louis het vir O/9 seuns deelgeneem en met 4/6 punte het hy 11de geeindig. Petrus het vir O/11 seuns deelgeneem en het 4.5/5 punte gekry. Hy was siek en moes een rondte onttrek. Hy het nog steeds 12de geeindig. Ons het ongelukkig nie Jan se punte nie. Baie geluk aan al hierdie spelers. Ons wens vir hulle alle sterkte toe vir die pad vorentoe.

/ Nuus, Skaak, Sportuitslae

Ons het laas Vrydag, 17 Mei, ‘n vriendskaplike wedstryd teen St. Cyprians gespeel. Die graad 4 en 5 leerders het die geleentheid aangegryp en dit was ‘n wonderlike leerproses. Elke Jannie wat gespeel het, het hulle beste gegee. Mooi so Jannies!

/ Nuus, Skaak, Sportuitslae

Ons eerste skaaktoernooi vanjaar was by Curro Hermanus. Dit was van ons spelers se eerste skaaktoernooi. Hierdie toernooi het uit 3 rondtes bestaan en die spelers het elk teen tyd gespeel. Ons 6 spelers het 1 uit 3 rondtes gewen. Ons wil graag vir die volgende leerders bedank: Louis Bosman, Heino du Plooy, Melandi du Plooy, Gideon van Zyl, Heinke Punt en Dietz Punt.Baie dankie aan juf. Raché de Goede wat hulle vergesel het en baie dankie aan die ouers wat met die vervoer gehelp het !

/ Nuus, Skaak, Sportuitslae

Vrydag, 26 April, het ons skaakspan die tweede WP-liga wedstryd gespeel teen Koeberg Primary. Ons O/13 gemengde span het binne ‘n japtrap ons teenstanders uitgestof en 6-0 gewen. Baie geluk julle!

Geen bydraes is gevind nie.
/ Nuus, Sportuitslae, Tennis

Op Woensdag, 9 Februarie, het vyf van ons tennisspanne op verskeie bane wedstryde gespeel. Dit het met die meeste van ons baie goed gegaan.

Noord-liga
Seuns o/13A: [Dawid-Wiese Viljoen, Adriaan Wessels, Gustav Pansegrouw & John Gillmer] verloor 1 – 5
Dogters o/13A: [Klara Maree, Stella Lamprecht, Katia van Wyk & Jeanne van Heerden] verloor 0 – 6. Klara Maree het ‘n uitstekende wedstryd gespeel. Haar enkels het omtrent ‘n uur geduur met 2 wedstrydpunte vir albei. Zane (van Gene Louw) is in die Top 30 van die WP-ranglys en Klara Maree het haar goed laat werk vir haar (Zane) se 6-5 wen.
Gemengde D-span: [Gustav van der Linde, Ané Swanepoel, Stella Pansegrouw & Jan-Willem Silvis] wen 5-1

Table View-liga
Gemengde 1ste span [Daniel Welgemoed, André Marais, Stella Zulch & Anna Louw] wen 6-1
Gemengde 2de span [Hila Hertzog, Emke van Wyk, Nils le Roux & Pierre-Jaque Smit] wen 5-1

/ Nuus, Sportuitslae, Tennis

Op Saterdag, 22 Januarie, is nie minder nie as nege van ons leerders tydens die Kaapse Metro (WP) Skole Tennis byeenkoms as deel van die span aangekondig. Hulle sal hul kleure op ‘n later stadium ontvang as hulle die span op die baan verteenwoordig het.
Baie geluk aan die volgende spelers:

O/11: Adriaan Wessels; Nils le Roux; Gustav van der Linde; Stella Pansegrouw; Jeanne van Heerden en Ané Swanepoel
O/12: Dawid-Wiese Viljoen
O/15: Mia Symington en Fredrich Erasmus (gr. 7-leerders van 2021)

/ Nuus, Sportuitslae, Tennis

Op Woensdag, 9 Februarie, sou die skool vir die eerste keer in sy Geskiedenis 6 spanne gehad het wat aan verskillende tenniswedstryde sou deelneem. Ongelukkig het die weer ander planne gehad en ons moes 5 van die spanne se wedstryde eers uitstel.

Drie van die spanne speel in die Noord-liga en 3 spanne speel in die Table View-liga. Ons gemengde D-span in die Noord-liga [Ané Swanepoel, Stella Pansegrouw, Daniel Welgemoed en André Marais] was op die ou einde van die dag die enigste span wat gespeel het. Die span het binne 45 minute met hulle dubbel- en enkelwedstryde teen Aristea afgereken en alles gewen. Baie geluk julle en dankie aan Juf. Maricqe Coetzer wat hulle vir die middag vergesel het.

/ Nuus, Sportuitslae, Tennis

Ons tennisprogram is besig om wonderlik by die skool te groei en ons begin stof in verskeie groter skole se oë skop. Elf van ons leerders (gr. 3 – 7) is genooi om die naweek aan Kaapstad (ou WP) proewe deel te neem.

Baie geluk aan die volgende leerders:

O/10:
Ané Swanepoel (gr. 4), Jeanne van Heerden (gr. 3), Stella Pansegrouw (gr. 3), Adriaan Wessels (gr. 4), Gustav van der Linde (gr. 4) en Nils le Roux (gr. 3)

O/11:
Klara Maree (gr. 5) en Dawid-Wiese Viljoen (gr. 5)

O/12:
Gustav Pansegrouw (gr. 6)

O/14:
Mia Symington (gr. 7) en Fredrich Erasmus (gr. 7)

Hulle ding mee om vir die 2022 Kaapse Metro Skole Tennis Spanne gekies te word. Baie sterkte aan elkeen van die spelers. Julle laat ons Jannie-harte baie trots klop.

/ Nuus, Sportuitslae, Tennis

Van ons ouer leerders het die naweek van 6 – 7 November hul Intersone uitspeelwedstryde voltooi. Die Suidelike seunspan (Medvedev) het uitstekend gevaar. Hulle het ongelukkig die goue medalje met 2 punte gemis.

Fredrich Erasmus het 7 uit 9 wedstryde gewen. Hy het 4 uit 6 van sy enkelwedstryde en al 3 dubbelswedstryde gewen. Spelers het op 15de November gehoor wie genooi is om aan die Kaapse Metro (ou WP) proewe in Desember deel te neem. Baie geluk aan Fredrich Erasmus en Mia Symington!

/ Nuus, Sportuitslae, Tennis
Ons seuns o/11-Tennisspan het Saterdag, 6 November, aan die o/11 Westman Tennistoernooi te Ceres deelgeneem. Dit was ‘n fantastiese tennisdag!
 
Daar is van LS Gericke, HS Charlie Hofmeyr en Ceres Tennisklub se fasiliteite gebruik gemaak en verskeie wedstryde is deur die loop van die dag gespeel. Dit was ‘n lekker pa- en seundag met almal se pa’s wat vir die dag daar was. Ons span het bestaan uit Dawid-Wiese Viljoen, Johan Symington, Adriaan Wessels en John Gillmer.
Uitslae 0/11-Seuns (A-afdeling): 1.CT invitation 2. Gene Louw, 3. Welgemoed, 4. Eversdal, 5. Jan van Riebeeck, 6. De Hoop
/ Nuus, Sportuitslae, Tennis
Verskeie Jannies het die afgelope naweek, 30 Oktober – 1 November, aan die Inter-sone tennis byeenkoms deelgeneem. Baie van ons spelers het vir die Suidelike span gekwalifiseer en het teen spelers van die Sentraal-sone gespeel.
Adriaan Wessels, Nils le Roux, Gustav van der Linde, Stella Pansegrouw en Ané Swanepoel het die o/10-groep saam met spelers van ander skole verteenwoordig. Adriaan en Nils het die meeste van hul enkelspel wedstryde gewen, asook al hul dubbelspel wedstryde. Stella Pansegrouw en Ané Swanepoel het ook baie goed gevaar en al hul wedstryde gewen. Die dogters se span wen dan ook algeheel van die 4 sones (Noord, Oos, Suid en Sentraal) van die byeenkoms en ontvang goue medaljes. Van ons ouer spelers moet nog hulle Inter-Sone byeenkoms voltooi en ons wens vir hulle baie sterkte toe.
Nadat die spelers aan die Inter-Sone byeenkomste deelgeneem het, word hulle gekies vir die Kaapse Metro (voorheen bekend as WP) proewe wat in Desember plaasvind.
/ Nuus, Sportuitslae, Tennis

Ons o/13 Seuns en Dogters het die naweek van 24 Oktober aan die Westmann Tennistoernooi in Ceres deelgeneem. Na die reën van Saterdag het die weer mooi opgeklaar en Sondag was ‘n pragtige dag vir tennis. Die spelers was van vroeg die oggend tot laat die middag besig.

Uitslae 0/13:
Seuns
A afdeling: 1. Northern Super strikers, 2. Gene Louw, 3. Brackenfell, 4. Rijk Tulbagh, 5. Jan van Riebeeck
B afdeling: 1. Gene Louw B, 2. CT invit, 3. Hendrik Louw, 4. Brackenfell B, 5. Rijk Tulbagh

Dogters
A afdeling:  1. Northern Girls, 2. St Cyprians A, 3. Jan van Riebeeck, 4. Gene Louw A, 5. Eversdal Uitnod
B afdeling:  1. St Cyprians B, 2. CT Invitation

Baie dankie aan Ria Hertzog en Karien Zulch wat vir die dag as spanbestuurders opgetree het. Hulle is ook aangewys as die bes gekleede spanbestuurders vir die dag. Baie geluk aan ons dogters wat elk ‘n bronsmedalje gewen het en ‘n derde plek behaal het.

/ Nuus, Sportuitslae, Tennis
Gedurende die laaste paar naweke het verskeie Jan van Riebeeck-leerders aan toernooie/rondes deelgeneem om moontlik vir die Distrik Suid-sone tennisspan gekies te word. Spelers se finale rang word deur hul beste 2 uitslae bepaal. Baie geluk aan die volgende leerders wat vir die Suid-Sone span verkies is:
O/10: Stella Pansegrouw & Gustav van der Linde
O/11: Klara Maree, Johan Symington & Dawid-Wiese Viljoen
O/12: Gustav Pansegrouw
Hierdie spelers sal dan die Suid-Sone oor die naweek van 30 Oktober – 1 November verteenwoordig waar hulle teen spelers van Sentraal gaan speel. Indien hulle by hierdie ronde goed vaar, staan hulle ‘n kans om vir die 2022 Kaapse (ou WP) span verkies te word. Baie sterkte aan al ons spelers!
/ Nuus, Sportuitslae, Tennis

Hier volg die uitslae van die twee onderskeie ligas vir die afgelope twee weke se wedstryde:
Woensdag, 19 Februarie
Seuns A [Jan Karsten, Fredrich Erasmus, Sebastian Maree en Dawid-Wiese Viljoen] vs. Kenridge C gelyk 3-3
Dogters A [Mia Symington, Katrien Stimie, Chiara Roodt en Luca Zulch] vs. Welgemoed B gelyk 3-3
Gemengde A [Klara Maree, Mieke Hertzog, Hein Muller en Jana Maree] vs. Blouberg Ridge wen 6-0
Gemengde B [Daniel Wasserman, Kian Eksteen, Stella Lamprecht en Sofia Newton] vs. Sunningdale wen 6-0
Seuns B [Andre Marais, Johan Symington, John Gillmer en Conrad Bezuidenhout] vs. Edgemead verloor 0-6
Woensdag, 26 Februarie
Dogters A [Mia Symington, Luca Zulch, en Katrien Stimie] vs. Mikro A gelyk 3-3
Gemengde B [Daniel Wasserman, Stella Lamprecht, Alexander Rau en André Marais] vs. Parklands Sekondêr wen 6-0
Seuns B [Kian Saayman, Noah Blomerus, Johan Symington en John Gillmer] vs. Parow Noord wen 4-2

Vier van ons leerders het op Vrydag, 28 Februarie, aan Table View se jaarlikse Dubbels toernooi deelgeneem. Die byeenkoms het reeds om 14:15 begin en eers 19:00 klaargemaak. Ons spelers het goeie gees getoon deur die middag en van hulle het selfs na die toernooi by die klasbraai aangesluit.
Seuns [Jan Karsten en Sebastian Maree] speel 7 wedstryde waarvan hulle 3 gewen het.
Dogters [Mia Symington en Katrien Stimie] speel 5 wedstryde, hulle wen 2 van die wedstryde.