Dertien van ons atlete het Saterdag, 23 Februarie, aan die WP kampioenskappe by Coetzenburg deelgeneem. Dit het goed gegaan met die meeste van ons atlete, maar nie almal het dit gemaak om onder die top 3 te eindig en so vir hul WP kleure te kwalifiseer nie. Ons is baie trots op Danny Newton en Sophia Liebenberg wat beide vir verspring 3de geëindig het en so hul WP klere verwerf het. Hulle neem Saterdag in die Paarl deel an die Wes-Kaap byeenkoms. Ons wens hulle alles van die beste toe! Vir die volledige uitslae van die WP Kampioenskappe, volg die SKAKEL.