Ons netbalspanne het hierdie week verseker netbal gespeel dat dit by hul ore uitkom. Ons eerste wedstryde vir die week het Maandag, 12 Augustus, by Laerskool Welgemoed saam met die rugby plaasgevind. Hierdie was ‘n unieke middag omdat beide sportkodes op een plek gespeel het. Baie dankie vir almal se ondersteuning en veral rugby-ouers se geduld met die vuil modder voetjies in hul voertuie op pad huis toe.
Rugbyuitslae:
O/7 A verloor 0-10; O/7 B wen 2-1
O/8 wen 3-1
O/9 A verloor 0-3; O/9 B verloor 1-5
O/11 A verloor 5-30
O/13 A verloor 0-45
Netbaluitslae:
O/9 A verloor 3-10; O/9 B verloor 1-9
O/10 A wen 5-3; O/10 B verloor 6-7
O/12 A verloor 4-20 vs. Welgemoed B; O/12 B verloor 1-12 vs. Welgemoed C
O/13 A verloor 15 – 23; O/13 B wen 5-3