Simon verower ‘n derde plek in skryfkompetisie

Simon van Dyk (gr.6) het aan Storiewerf se skryfkompetisie deelgeneem. Sy storie, "Rooi oë in die nag", het 'n derde plek in die laerskool-kategorie losgeslaan. Boonop het hy R500 prysgeld gewen. Sy storie verskyn binnekort op Storiewerf se webtuiste. Simon toon ongelooflike potensiaal as skrywer en ons harte bars van trots! Lees gerus HIER meer oor die...

Werner Steyn (Gr.6) blink uit in krieket

Werner speel vir Sunningdale Krieketklub se 0/12-span. Hulle het Saterdag teen Groenpunt se 0/12-span gespeel. Werner het 'n ongelooflike 51 lopies (nie uit nie) aangeteken en boonop 2 paaltjies geneem van slegs twee boulbeurte. Knap gedaan, Werner!

Geagte Ouers / Voogde

Woensdag, 1 September, was amptelik Lentedag en dit op ‘n koue dag! Moontlik het die boodskap nie duidelik by Moeder Natuur uitgekom nie, want die winter is baie astrant om terug noordwaarts te beweeg. Vanuit ‘n meteorologiese oogpunt is die temperature darem net te laag en mag ‘n mens dalk net wonder, is somer nog om die draai? Simbolies is lente die natuur se teken van nuwe lewe soos plante weer begin groei en bloeisels hul welkome opwagting maak. Dalk ook vir ons ‘n nuwe “begin” om al die slegte ervaringe van die pandemie opsy te skuif en die figuurlike dankbaarheidsbril op te sit. Dit was ook wonderlik om te sien hoe ons Jannies en onderwysers lentedag gevier het met onder andere pragtige blommevlegsels in die hare, blommekranse op die kop en inmekaargevlegte blommeringe om die nek. Dit het ons almal sommer lekker geïnspireer en weer hoop gegee. Die afgelope naweek het die tweede rondte van die Eisteddfod (musiek) onder streng Covid-protokol in die skoolsaal geskied. Ons Jannies het hul puik van hul taak gekwyt en ons is dankbaar vir die ondersteuning en leiding van Juffrouens Helecia, Estelle en meneer Ben. Ons bekwame musiekdepartement beskik oor soveel ervaring en ons kon nie vir beter musiekopvoeders vra nie, aangesien hulle hul daaglikse take met passie, toegewydheid en omgee uitoefen. Ko-kurrikulêre aktiwiteite by ons skool sal altyd hoog geag word aangesien dit instrumenteel is in terme van persoonlikheidsontwikkeling, kulturele vorming en om die Jannies se talente te ontgin. Dalk het julle gewonder waar kom die woord Eisteddfod vandaan? Soos ons dit ken is dit ‘n kunsfees met wedstryde in musiek, digkuns...

Hokkiewedstryde teen St Cyprian’s – 2 September

Van ons dogters het op Donderdag, 2 September, die Astrovelde van St Cyprian's aangedurf en hul eerste hokkiewedstryd gespeel. Dit was 'n middag vol opwinding vir die afrigters en spelers. Die kinders het hul uitstekend van hul taak gekwyt, met dié dat dit hul eerste keer op 'n astro oppervlak is. Die spanne het ongelukkig nie gewen nie, maar die tellings maak ons steeds opgewonde oor ons kinders se talent. O/10 Dogters verloor 2 - 3 teen St Cyprian's O/11 Dogters verloor 0-1 teen St Cyprian's O/13 Dogters verloor 0-2 teen St Cyprian's Ons speel volgende week weer teen 'n paar ander spanne van St Cyprian's. Ongelukkig het nog geen skole teruggekom na ons vir seunswedstryde...

Vierde en laaste nuwe spyskaart vir die snoepie

Die snoepie gaan volgende week (6-10 September) ons vierde nuwe spyskaart vir die jaar loods. Dit beteken dat ons nou elke vier weke 'n spyskaart gaan herhaal en nie meer elke 2 weke nie. Baie dankie vir almal se terugvoer na verlede week se spyskaart. Dis wonderlik om te hoor dat die kinders die kos geniet. Alle bestellings vir etes en soetgoed kan op die Karri-toep geplaas word. Bestellings sluit 17:00 die Sondag voor die week se etes. Indien ouers probleme ervaar, kontak asb. die snoepie by...

Somer buitemuurse program van 13 – 22 September

Volgende week sal dit ons laaste week wees wat ons die winterprogram gaan volg. Ons beplan om dit die komende naweek op 'n pret wyse af te sluit. Donderdagmiddag, 9 September, gaan ons iets vir al ons skaakleerders doen. Op Vrydag, 10 September, is die hokkie aan die beurt en Saterdag, 11 September, die netbal en rugby. Ouers en spelers sal meer inligting in volgende week ontvang en die sportprogram sal van Maandag af op die webtuiste beskikbaar...

Korrekte skooldrag

Neem asb. kennis dat die skooldrag as volg gedra moet word: Dag waarop leerder LO het, mag hy/sy met korrekte LO-klere skool toe kom. Vrydae word Feeshempies (korrekte LO-klere) gedra. Die ander drie dae moet die korrekte winterklere gedra word. Maak asb. ook seker dat jou kind die huis/motor netjies verlaat met korrekte sokkies, haarbykomstighede,...

Foto’s vir ons Feesboek

Leerders moet asb. almal hulle feeshempies op Donderdag, 9 September, aantrek. Ons gaan individuele foto's van elke leerder in die skool neem wat ons in ons Feesboek wil publiseer.

Woord-Makietie

Die 28ste September hou die Jannies Woord-Makietie. Gassprekers Leon en Amanda de Stadler (skrywers van die splinternuwe Tesourus van Afrikaans) gaan met die leerders kom gesels. Ons gaan woordspeletjies speel en die dag gebruik om ons wonderlike en ryk Afrikaanse woordeskat te vier en uit te...

Fredrich Erasmus presteer by Netwerk24 Wiskundekompetisie

Netwerk 24 saam met die Beeld en Volksblad bied jaarliks 'n aanlyn Wiskundekompetisie vir graad 6 en 7-leerders aan. Die wenner kan R15 000 vir sy skool en vir homself losslaan. Daar is ook kontantpryse vir leerders wat tweede en derde eindig. Na die eerste rondte word die top 20 leerders in die Wes-Kaap geïdentifiseer wat aan die tweede rondte sal deelneem. Fredrich het uitstekend presteer en is deur na die finale rondte. Die finale rondte vind op Saterdag, 11 September, plaas. Ons hou vir jou...

Leerders presteer in SAMF-Wiskunde Olimpiade

Drie van ons leerders is deur na die finale rondte van die SAMF-Wiskunde Olimpiade. Die olimpiade word landwyd geskryf. Daar is twee rondtes wat voltooi moet word voordat die finale leerders gekies word. Daar word vanaf graad 4 - 7 slegs 480 leerders landwyd gekies om aan die finale rondte deel te neem. Die finale rondte word op Vrydag, 10 September, te Hoërskool President geskryf. Baie geluk aan Katia van Wyk, Sofia Newton en Jan Karsten wat  na die finale rondte. Dit is 'n puik prestasie en ons hou vir julle...

Kultuurkaskenades

Kultuurkaskenades gaan in die laaste week van die kwartaal virtueel plaasvind: Maandag, 27 September: Gr.1 – 3 (voor pouse) Maandag, 27 September: Gr.4 en 5 (na pouse) Woensdag, 29 September: Gr.6 en 7 (voor pouse) Leerders wat ingeskryf het, sal 'n tydgleuf kry waartydens hulle op die verhoog mag optree. Die opnames sal op die webtuiste gelaai word en almal sal dit kan sien. Daar sal hierdie jaar geen toekennings wees nie. Dis slegs vir die genot daarvan. Vir enige navrae, kontak juf. Helecia by...

Musiekkonserte

Musiekleerders van Gr.4 - 7 sal op 30 September twee konserte in die saal hou: Gr.4 en 5 - 09:00 Gr.6 en 7 - 11:00 Ons sal nader aan die tyd bepaal of ouers mag kom luister.

Belangrike Datums

augustus 2026

01aug00:0023:59Netbal & Rugbytoernooi (o.7-o.9)

02aug(aug 2)16:0004(aug 4)17:00EXCO-Strat

03aug00:0023:59EXCO-Strat

03aug(aug 3)00:0008(aug 8)23:59Hs JvR JanArte Kunstefees

03aug18:0018:00Hs JvR - Tafelbergkoorfees

04aug00:0023:59Rugby: o.9 & o.13 Bishops (WEG)

04aug00:0023:59EXCO-Strat

04aug18:0018:00Reddam Sings - Junior Koor (Constantia)

september 2026

31aug00:0023:59GEEN SPORT

01sep00:0023:59GEEN SPORT

02sep19:0020:00Laerskool JvR Kore en Tjeggiese Kinderkoor (Ls JvR)

03sep00:0023:59Jannies vir Jesus

03sep00:0023:59Wintersporttoer o.13B

04sep00:0023:59TOETS: EBW (Gr.7)

05sep09:0013:00SING. MOVE. PLAY. CONNECT

07sep00:0023:59Somersport Begin

08sep00:0023:59Dolinda (Nasorg) Verjaar

08sep08:0008:00Kaapse Afrikaanse Eisteddfod - Junior Koor