Netwerk 24 saam met die Beeld en Volksblad bied jaarliks ‘n aanlyn Wiskundekompetisie vir graad 6 en 7-leerders aan. Die wenner kan R15 000 vir sy skool en vir homself losslaan. Daar is ook kontantpryse vir leerders wat tweede en derde eindig.

Na die eerste rondte word die top 20 leerders in die Wes-Kaap geïdentifiseer wat aan die tweede rondte sal deelneem. Fredrich het uitstekend presteer en is deur na die finale rondte. Die finale rondte vind op Saterdag, 11 September, plaas. Ons hou vir jou duimvas!