Simon van Dyk (gr.6) het aan Storiewerf se skryfkompetisie deelgeneem. Sy storie, “Rooi oë in die nag”, het ‘n derde plek in die laerskool-kategorie losgeslaan. Boonop het hy R500 prysgeld gewen. Sy storie verskyn binnekort op Storiewerf se webtuiste. Simon toon ongelooflike potensiaal as skrywer en ons harte bars van trots!

Lees gerus HIER meer oor die kompetisie.