Van ons dogters het op Donderdag, 2 September, die Astrovelde van St Cyprian’s aangedurf en hul eerste hokkiewedstryd gespeel. Dit was ‘n middag vol opwinding vir die afrigters en spelers. Die kinders het hul uitstekend van hul taak gekwyt, met dié dat dit hul eerste keer op ‘n astro oppervlak is. Die spanne het ongelukkig nie gewen nie, maar die tellings maak ons steeds opgewonde oor ons kinders se talent.

O/10 Dogters verloor 2 – 3 teen St Cyprian’s
O/11 Dogters verloor 0-1 teen St Cyprian’s
O/13 Dogters verloor 0-2 teen St Cyprian’s

Ons speel volgende week weer teen ‘n paar ander spanne van St Cyprian’s. Ongelukkig het nog geen skole teruggekom na ons vir seunswedstryde nie.