Die 28ste September hou die Jannies Woord-Makietie. Gassprekers Leon en Amanda de Stadler (skrywers van die splinternuwe Tesourus van Afrikaans) gaan met die leerders kom gesels. Ons gaan woordspeletjies speel en die dag gebruik om ons wonderlike en ryk Afrikaanse woordeskat te vier en uit te brei!