Volgende week sal dit ons laaste week wees wat ons die winterprogram gaan volg. Ons beplan om dit die komende naweek op ‘n pret wyse af te sluit. Donderdagmiddag, 9 September, gaan ons iets vir al ons skaakleerders doen. Op Vrydag, 10 September, is die hokkie aan die beurt en Saterdag, 11 September, die netbal en rugby. Ouers en spelers sal meer inligting in volgende week ontvang en die sportprogram sal van Maandag af op die webtuiste beskikbaar wees.