Category: Eeufees 2021

Eeufees 2021

Die skool word 100 jaar oud!

Nuutste inligting

Stoor die datum: Ons skool verjaar – 100 +1!

Op Maandag, 31 Januarie 2022, vier ons ons skool se 100 + 1 verjaardag! Gesellig moet ons voorwaar verkeer aangesien ons hierdie jaar uitgemis het op al die lekker 100ste verjaardagvieringe. Wat ons beplan: Vrydag, 28 Jan....

Foto’s vir ons Feesboek

Leerders moet asb. almal hulle feeshempies op Donderdag, 9 September, aantrek. Ons gaan individuele foto’s van elke leerder in die skool neem wat ons in ons Feesboek wil publiseer.

100 jaar +1

Alle sosiale funksies ter viering van ons skool se verjaarsdag, skuif na 2022. Ons sal dan ‘n 100 jaar +1 feesviering hê. Datums sal binnekort gekommunikeer word.

Feesboek Inligting

Ons wil graag in die 100 jaar Feesboek noem watter gesinne al ‘n lang pad met Laerskool Jan van Riebeeck stap. Indien julle al ‘n geruime tyd deel vorm van die Jannie-familie, kliek HIER om die vorm in te vul.

Eeufeesvieringe

Alle eeufeesvieringe word tot die 2de semester a.g.v. die pandemie geskuif. Ons sal julle op hoogte hou van die nuwe datums en reëlings.

100 Jaar-hempies en geskenkies

Op Sondag, 31 Januarie 2021, het ons geliefde skool sy 100ste bestaansjaar so stil-stil bereik! Ons het verseker nie van hierdie groot mylpaal vergeet nie en het ‘n paar items laat maak ter viering van LS JvR se groot 100!...

100-hempie

Aangesien ons sommer die eerste week van die nuwe jaar begin met al die feesvierings van ons skool se 100ste verjaardag, sal ons graag wil hê dat elke kind ‘n spesiale feeshempie moet koop. Hierdie hempie sal gedurende die...

Eeufees koor: Kô, laat ons sing!

Om die skool se honderd jaar verjaardag behoorlik te vier, bring ons ‘n Laerskool Jan van Riebeeck-Eeufeeskoor op die been wat op Sondag, 31 Januarie 2021 – Stigtersdag – sal optree. Leon Starker het ingestem om die koor...

1ste week 2021 – JvR-verjaar!

Dagboek nou reeds asseblief die volgende datums wat die eerste week van 2021 plaasvind om ons skool se GROOT verjaardag te vier: Skool begin: Woensdag, 27 Januarie (vir leerders) OOV-bekendstellingsfunksie: Donderdag, 28...

Loading