Drie van ons leerders is deur na die finale rondte van die SAMF-Wiskunde Olimpiade. Die olimpiade word landwyd geskryf. Daar is twee rondtes wat voltooi moet word voordat die finale leerders gekies word.

Daar word vanaf graad 4 – 7 slegs 480 leerders landwyd gekies om aan die finale rondte deel te neem. Die finale rondte word op Vrydag, 10 September, te Hoërskool President geskryf.

Baie geluk aan Katia van Wyk, Sofia Newton en Jan Karsten wat  na die finale rondte. Dit is ‘n puik prestasie en ons hou vir julle duimvas.