Die snoepie gaan volgende week (6-10 September) ons vierde nuwe spyskaart vir die jaar loods. Dit beteken dat ons nou elke vier weke ‘n spyskaart gaan herhaal en nie meer elke 2 weke nie. Baie dankie vir almal se terugvoer na verlede week se spyskaart. Dis wonderlik om te hoor dat die kinders die kos geniet. Alle bestellings vir etes en soetgoed kan op die Karri-toep geplaas word. Bestellings sluit 17:00 die Sondag voor die week se etes. Indien ouers probleme ervaar, kontak asb. die snoepie by snoepie@jvrprim.co.za.