Kultuurkaskenades gaan in die laaste week van die kwartaal virtueel plaasvind:

Maandag, 27 September: Gr.1 – 3 (voor pouse)
Maandag, 27 September: Gr.4 en 5 (na pouse)
Woensdag, 29 September: Gr.6 en 7 (voor pouse)

Leerders wat ingeskryf het, sal ‘n tydgleuf kry waartydens hulle op die verhoog mag optree. Die opnames sal op die webtuiste gelaai word en almal sal dit kan sien. Daar sal hierdie jaar geen toekennings wees nie. Dis slegs vir die genot daarvan.

Vir enige navrae, kontak juf. Helecia by helecia@jvrprim.co.za