Ons o/13 Seuns en Dogters het die naweek van 24 Oktober aan die Westmann Tennistoernooi in Ceres deelgeneem. Na die reën van Saterdag het die weer mooi opgeklaar en Sondag was ‘n pragtige dag vir tennis. Die spelers was van vroeg die oggend tot laat die middag besig.

Uitslae 0/13:
Seuns
A afdeling: 1. Northern Super strikers, 2. Gene Louw, 3. Brackenfell, 4. Rijk Tulbagh, 5. Jan van Riebeeck
B afdeling: 1. Gene Louw B, 2. CT invit, 3. Hendrik Louw, 4. Brackenfell B, 5. Rijk Tulbagh

Dogters
A afdeling:  1. Northern Girls, 2. St Cyprians A, 3. Jan van Riebeeck, 4. Gene Louw A, 5. Eversdal Uitnod
B afdeling:  1. St Cyprians B, 2. CT Invitation

Baie dankie aan Ria Hertzog en Karien Zulch wat vir die dag as spanbestuurders opgetree het. Hulle is ook aangewys as die bes gekleede spanbestuurders vir die dag. Baie geluk aan ons dogters wat elk ‘n bronsmedalje gewen het en ‘n derde plek behaal het.