Jan Karsten, Petrus Bosman en Louis Bosman was die afgelope naweek in Mosselbaai vir die Wes-Kaap Skole Individuele skaakkampioenskappe. Hulle het al drie die WP-span (deesdae die Metro-span), verteenwoordig. Die onderskeie streke WP (Metro), Boland, Weskus, Eden en Overberg se spanne het deelgeneem. Dis ongeveer 80 spelers per ouderdomsgroep.

Louis het vir O/9 seuns deelgeneem en met 4/6 punte het hy 11de geeindig. Petrus het vir O/11 seuns deelgeneem en het 4.5/5 punte gekry. Hy was siek en moes een rondte onttrek. Hy het nog steeds 12de geeindig. Ons het ongelukkig nie Jan se punte nie. Baie geluk aan al hierdie spelers. Ons wens vir hulle alle sterkte toe vir die pad vorentoe.