Ons seuns o/11-Tennisspan het Saterdag, 6 November, aan die o/11 Westman Tennistoernooi te Ceres deelgeneem. Dit was ‘n fantastiese tennisdag!
 
Daar is van LS Gericke, HS Charlie Hofmeyr en Ceres Tennisklub se fasiliteite gebruik gemaak en verskeie wedstryde is deur die loop van die dag gespeel. Dit was ‘n lekker pa- en seundag met almal se pa’s wat vir die dag daar was. Ons span het bestaan uit Dawid-Wiese Viljoen, Johan Symington, Adriaan Wessels en John Gillmer.
Uitslae 0/11-Seuns (A-afdeling): 1.CT invitation 2. Gene Louw, 3. Welgemoed, 4. Eversdal, 5. Jan van Riebeeck, 6. De Hoop