Van ons O/7, O/8 en O/9 rugbyspelers het Woensdag, 22 Mei, saam met hul afrigters by Laerskool Kenridge gaan kuier en van hul spanne aangevat. Ons het teen hul A en C spanne gespeel. Kenridge is ‘n skool met meer as 1000 leerders en ons was baie op ons senuwees vir hierdie middag, maar die Jannies is nie bang nie en ons het hulle vierkantig in die oë gekyk. Ons spelers het gewys waarvan hulle gemaak is en die uitslae is soos volg:
O/7 B 8 – 4 (wen) vs. Kenridge C
O/7 A 0 – 5 (verloor) vs. Kenridge A
O/8 B 5 – 2 (wen) vs. Kenridge C
O/8 A 0 – 2 (verloor) vs. Kenridge A
O/9 B 4 – 1 (wen) vs. Kenridge C
O/9 A 0 – 7 (verloor) vs. Kenridge A
Ons is baie trots op ons spelers en sê baie dankie vir ons afrigters, juf Smook, mnr. Pieterse, Coach Mure en Coach Shaun vir hul ondersteuning en tyd.