Geen bydraes is gevind nie.

 

/ Krieket, Nuus, Sportuitslae
Ons 0/11’s het Woensdag, 20 Februarie, teen Hout Bay International School gespeel. Ons het besluit om eerste veldwerk te doen. Ons haal hulle uit vir 36. Jan Karsten neem 3 paaltjies en Daniel Hoffman en Taniel Webber elkeen 1. Ons verbeter die lopies binne 6 beurte met net 2 paaltjies plat. Alexander Benecke slaan 19, nie uit nie. Ons wen dus die wedstryd met 8 paaltjies.Welgedaan manne!!
/ Krieket, Nuus, Sportuitslae

Die O/13-krieketspan het die week teen Seepunt gespeel en met 68 lopies gewen. Ons het die loot gewen en eerste gekolf. Al die seuns, en meisie, Lisa Best, het bygedra tot die oorwinning. Peet Karsten, Jordan Thomas en Ruben Janse van Rensburg het 15 lopies elk bygedra tot die totaal. Thornley Webber was ons top kolwer met 34 lopies. Hy het 7 viere geslaan om ons voorsprong te vergroot. Dit was nou ons beurt met die bal in die hand. Ruben het ‘n briljante eenhandige vangskoot van sy eie boulwerk gevat om die veldwerk af te skop. Hy het geëindig met uitstekende statistieke, 3 paaltjies vir net 3 lopies. Bernard Lombaard, Armand Meyer, Jordan Thomas en Christian Boshoff het almal met een paaltjie bygedra. Die speler van die wedstryd was Thornley Webber, wat uitstekend met die bal en kolf bygedra het, 3 paaltjies vir slegs 7 lopies!!Welgedaan 0/13 en juf Melissa Smook.

/ Krieket, Nuus, Sportuitslae
Ons O/9 A en B spanne het Vrydagaand, 8 Februarie, aan die Hugo Rust Mini-Kriekettoernooi, wat op Boland Landbouskool se velde plaasgevind het, deelgeneem. Die middag is deur 22 verskillende skole bygewoon. Elke span het 2 wedstryde gespeel. Ons het vir beide spanne sterk opponente gehad, maar dit het ons nie afgeskrik nie.
Die O/9 A span het ‘n telling van 35 lopies teenoor 29 van Hugo Rust aangeteken, en die span geklop. Die tweede wedstryde het ons teen Worcester Primêr verloor met 11 teenoor ons 8 lopies. Die B span het ‘n beter middag gehad en het beide hul wedstryde gewen. Hulle het 38 lopies teen Courtrai se 14 aangeteken en 30 – 11 met Gericke afgereken. John Gillmer is in die derde rondte as speler van die wedstryd geïdentifiseer en het ‘n KFC geskenkbewys ontvang.
Ons is baie trots op al ons manne en dame! Baie dankie aan al die ouers en familielede wat die middag / aand vir ons kom ondersteun het.
/ Krieket, Nuus, Sportuitslae
Ons O/9 A span het Dinsdag, 5 Februarie, teen Kronendal ‘n wedstryd gespeel. Dit het baie goed gegaan, die finale telling was Jan van Riebeeck 33 en Kronendal -1. Ons O/9 A en B span neem more, Vrydag 8 Feb, aan die Mini-Kriekettoernooi van Hugo Rust deel, wat by Boland Landbouskool aangebied word. Ons is seker almal gaan hierdie toernooi baie geniet!
/ Krieket, Nuus, Sportuitslae

Ons 0/11 A krieketspan het Woensdag, 6 Februarie, teen Seepunt gespeel. Seepunt stuur ons in om eerste te kolf en ons teken 100 lopies aan met die verlies van 2 paaltjies .Jan Karsten eindig die beurt met 43, nie uit nie. In die 2de beurt teken Seepunt slegs 23 lopies aan met Jan Karsten wat 3 paaltjies, Sebastian Maree 2 paaltjies en Alexander Rau wat 2 paaltjies laat kantel !Jan van Riebeeck wen dus die wedstryd met 77 lopies.Mooi manne…’n groot verbetering op verlede week se wedstryd !

/ Krieket, Nuus, Sportuitslae

Die Jan van Riebeeck O13-krieketspan het Kronendal in hul eerste krieketwedstryd van die 2019-seisoen met 5 paaltjies gewen. Ons seuns het eerste geboul en almal het op die veld bygedra. Thornely was ons voorste paaltjiewagter, met 4 paaltjies vir net 4 lopies, gevolg deur Bernard, wat 2 vir 2 geneem het. Beide boulers was op ‘n “hat-trick” gewees! Jordan het met ‘n briljante vangskoot die veldwerk afgehandel en Kronendal is vir net 25 lopies uitgeboul. Hierdie lae totaal was nie maklik om te jaag nie en ons het ‘n paar vroeë paaltjies verloor. Jordan en Bernard het gelukkig die skip op koers gehou en ‘n oorwinning in die sewende boulbeurt verseker. Jordan het boonop 11 nie uit nie, behaal.Welgedaan manne, met ‘n uitstekende eerste wedstryd!

/ Krieket, Nuus, Sportuitslae

Die O/11’s het Woensdag, 13 Februarie, tuis teen Kronendal gespeel. Kronendal het besluit om eerste veldwerk te doen. Ons teken 62 aan in 15 boulbeurte met Alexander Benecke wat die meeste lopies (9) aangeteken het. Kronendal verbeter die lopies binne 12 boulbeurte. Ons beste bouler was Jan Karsten met syfers van 3 beurte, 3 paaltjies en 5 lopies. Ongelukkig verloor ons die wedstryd met 5 paaltjies, maar soos hulle sê “onwards and upwards”.

/ Krieket, Nuus, Sportuitslae
Ons O/9 A en B spanne het hul laaste wedstryd Dinsdag, 13 November, teen Herzlia Weizmann gespeel. Die A span het 49 – 21 gewen en die B span het 44 – 31 gewen. Die manne was onoorwonne hierdie seisoen en het die seisoen met ‘n hoogtepunt afgesluit. Baie geluk manne!!!
/ Krieket, Nuus, Sportuitslae

Die 0/13-krieketspan het gister ‘n opwindende krieketwedstryd teen Kampsbaai gespeel.
Ons het besluit om eerste te kolf met die idee om ‘n ‘n hoë telling op te stel. Dit was ‘n senuweeagtige begin, en ons het ‘n paar vinnige paaltjies verloor. Ons middelorde het mooi herstel, met Thornley Webber en Alexander Newton wat ‘n goeie vennootskap opgebou het. Thornley het 21 dapper lopies aangeteken. Dit was ‘n lae eerste beurt telling, maar die span was gereed om hul telling in die veld te verdedig. Joshua Ellis het die eerste deurbraak gemaak en die eerste paaltjie het in die 9de boulbeurt geval. Kort daarna het Thornley twee groot boulbeurte geboul, twee vinnige paaltjies geneem en ons was terug in die wedstryd.
Na goeie veldwerk op die grens, het die besoekende span net 7 lopies van die laaste 6 balle nodig gehad om te wen. Ons boulwerk was akkuraat en reguit! Twee lopies om te wen, en een lopie om gelykop te speel, met een bal om te gaan . . . en . . . ‘n goeie hou vir 4 lopies van die laaste bal!! Kampsbaai wen met 2 lopies!
‘n Gespanne maar opwindende krieketwedstryd, goed gedoen ouens!

/ Krieket, Nuus, Sportuitslae

Ons O/9 A en B spanne het Dinsdag teen Kronendal wedstryde gespeel. Ons spanne het beide wedstryde gewen.
Die A span wen met 30 lopies teenoor 15 en die B span wen met 49 lopies teenoor 27.Baie geluk julle !!

Geen bydraes is gevind nie.
/ Netbal, Nuus, Sportuitslae
Ons netbalspanne het hierdie week 2 wedstryde gespeel. Ons moes ons wedstryde van Maandag, 4 Mei, skuif as gevolg van netbalproewe wat op 4 Mei plaasgevind het. Ons spanne het Maandag teen Curro Durbanville weg gespeel. Die uitslae is as volg:
 
o/7 A wen 13 -1
o/8 A wen 6-2
o/8 B verloor 0-6
o/9 A wen 6-1
o/9 B wen 4-0
o/10 A wen 11-0
o/10 B wen 10-1
o/11 A gelykop 5-5
o/11 B wen 12-0
o/12 A wen 16 -0
o/12 B wen 15-0
o/13 A wen 33-2
o/13 B wen 8- 2
 
Op Woensdag, 11 Mei, het ons spanne teen Curro Century City tuis gespeel. Die uitslae vir die dag is as volg:
 
o/7 A wen 5-0
o/7 B gelyk 1-1
o/8 A wen 15-0
o/9 A wen 21-0
o/10 A wen 23-0
o/11 A wen 16-2
o/11 B wen 12-0
o/12 A wen 25-0
o/13 A wen 34 – 0
o/13 B wen 15-0
 
Ons kan sien dat die afgelope jaar en ‘n half wat ons skool voortgegaan het met ons aangepaste sportprogram ons spanne baie goed gedoen het. Ons spelers het steeds blootstelling aan verskeie vaardighede gehad terwyl baie ander skole geen sport beoefen het nie. Baie dankie aan al ons onderwysers en afrigters wat soveel ekstra tyd en energie ingesit het.
/ Netbal, Nuus, Sportuitslae
Die 0/13 A-span het Dinsdag, 10 Mei, aan die eerste rondte van die Top Skole by Laerskool Gene Louw deelgeneem. Ons het teen sterk kompeterende skole gespeel. Dit was vinnige netbal van 6 minute aan ‘n kant. Die dogters het baie karakter gewys en nie opgegee tot die fluitjie geblaas het nie.  Dit was ses moeilike wedstryde. Ons is ongelukkig nie deur na die volgende rondte nie, maar het beslis die lekkerste en beste gees van die dag gehad. Baie van hierdie skole se dogters speel deur die jaar ook aksienetbal wat ‘n voordeel vir hulle op die buite baan is. Graag moedig ons weer ons ouers aan om hul dogters by aksienetbal betrokke te maak. Julle kan enige tyd vir Linde Liebenberg in die verband kontak.  Baie dankie aan juffrou Sharon Mabena wat die spanbestuurder was en juffrou Shahneé Felix wat ons skeidsregter vir die dag was. Ons waardeer wat julle doen vir die sport.
 
Baie geluk aan die volgende spelers wat as spelers van die verskeie wedstryde aangewys is: Katya Morris, Sophia Liebenberg, Emke van Wyk, Liza Hitge en Nell von Lieres.
 
Die tellings was as volg:
Gene Louw 4 -10
Kenridge 3 -8
Table View 9-4 (wen)
Durbanville 2-14
Welgemoed 4-1 (wen)
Eversdal 4-10
 
Baie dankie aan ons 0/13-mammas wat ons bederf het met waterbottels, sokkies en scrunchies.
/ Netbal, Nuus, Sportuitslae
Die o/7 – o/13 dogters het op Maandag, 25 April, hul eerste wedstryde vir die liga teen Edgemead gespeel. Daar het groot opwinding geheers en dit het met die meeste van ons spanne baie goed gegaan. Ons publiseer nie die o/7 & o/8-spanne se uitslae nie.
Hier volg die uitslae:
o/7A wen
o/7B verloor
o/8A wen
o/8B verloor
o/9A wen 18 -2
o/9B wen 11-0
o/9C gelyk 1-1
o/10A wen 9-2
o/10B wen 12-0
o/11A wen 9-1
o/11B wen 7-0
o/12A wen 8-2
o/12B wen 8-3
o/12C wen 4-3
o/13A wen 26-5
o/13B gelyk 2-2
o/13C wen 4-0
/ Netbal, Nuus, Sportuitslae
Ons was een van 15 skole wat Saterdag, 9 April, aan ‘n o/10-netbaltoernooi in Durbanville deelgeneem het. Met net twee oefensessies agter die rug, het ons Laerskool Jan van Riebeeck se naam hoog gehou.
Ons het Vredekloof 13-1 gewen en ook vir Table View en Bellville-Noord behoorlik laat les opsê. Dit was slegs Renish teen wie ons net-net verloor het. Amelie van der Walt het ‘n sertifikaat vir die speler van die dag uit die JvR-span, ontvang.
Dit was regtig ‘n heerlike dag en ons sien ‘n blink toekoms vir ons o/10-netbalspanne.
 
Dankie Juffrou Alberts en Juffrou Janse van Rensburg wat die dag saam met ons spandeer het. Ook ‘n spesiale dankie aan Juffrou Bambiso wat so mooi met ons geoefen het. Ons belowe om julle hierdie jaar nog baie trots te maak.
 
– Geskryf deur Stella Pansegrouw Gr.4M
/ Netbal, Nuus, Sportuitslae

Op Saterdag, 11 September, het die O/12 A-Netbalspan aan die Paarl Gimnasium O/12-toernooi deelgneem. Tien spanne van verskeie skole het vir die toernooi ingeskryf.

Ons het die dag begin deur teen die 4 ander spanne (Paarl Gimnasium A, Eikestad A, Noord-Eind A en Courtrai B) in ons poel te speel. Daarna is elke span in hul poel se posisie bepaal en ons span het 2de in ons poel geëindig. Dit het beteken dat ons teen die wenners (De Hoop A) van poel B moes uitspeel om te kwalifiseer vir die laaste rondte waar ons vir posisie 1 of 2 moes meeding. Die span het puik gespeel en ons wen vir De Hoop 5 – 3.

Die viering kon nie te lank aanhou nie, want ons het binne 20 min weer vir Paarl Gimnasium die stryd vir die top posisie aangesê. Die dag het ongelukkig teen die tyd sy tol begin eis en ons verloor die wedstryd teen Paarl Gimnasium en eindig 2de vir die dag!

Ons is BAIE trots op die span, hierdie toernooi was hul eerste wedstryde vir die hele seisoen. Alle ander wedstryde wat ons tot op daardie stadium gespeel het, was teen ons eie spanne.

Hoërskool Paarl Gimnasium het die toernooi as geleentheid gebruik om ons spelers tydens wedstryde dop te hou en het oor ‘n paar van ons spelers kom uitvra. Al die spanne teen wie ons die dag gespeel het, het met groot verwondering van Sophia Liebenberg se spel gepraat. Ons bars van trots oor elke speler wat die dag daar was en sien baie uit na 2022 en wat hierdie dogters as O/13-span gaan doen. Baie geluk aan Emke van Wyk, Liza Hitge (kaptein), Cara Swanepoel, Nell von Lieres, Katya Morris, Sophia Liebenberg, Kyra Schoeman en Katarina Oosthuizen, julle is uitstekend!

Baie dankie aan juffrou Shahneé Felix wat vir die dag ons skool as skeidsregter verteenwoordig het.

/ Netbal, Nuus, Sportuitslae

Na amper twee jaar van geen wedstryde was ons netbalspelers en -afrigters baie opgewonde om weer Woensdag, 25 Augustus, wedstryde teen spanne van Laerskool Van Riebeeckstrand te kon speel. Dit was vir beide skole amper vreemd om weer te kon speel, maar so lekker!

Die uitslae is soos volg:
JvR O/9 A wen 7-0 teen JvR O/9 B
JvR O/9 B wen 5-1 teen VRS O/9 C
JvR O/10 A wen 6-1 teen VRS O/10 C
JvR O/10 B wen 7-1 teen VRS O/10 D
JvR O/11 A wen 6-5 teen JvR O/12 A
JvR O/11 B wen 10-1 teen VRS O/11 C
JvR O/12 B verloor 6-7 teen VRS O/12 C
JvR O/12 C verloor 3-4 teen VRS O/12 D
JvR O/12 A verloor 2-7 teen JvR O/13 A
JvR O/13 B wen 10-1 teen VRS O/13 C
JvR O/13 C verloor 4-8 teen VRS O/13 D

Van ons spanne speel volgende week Woensdag, 1 September, teen Laerskool Kampsbaai weg.

/ Netbal, Nuus, Sportuitslae

Die O/11A en O/13A-netbalspanne het op Saterdag, 7 September, gaan kamp opslaan by Hoërskool De Kuilen vir die WP-netbalfinale. Beide spanne het in die B-liga meegeding. Na ‘n baie lang en warm dag het beide spanne tot die semi-finaal deurgedring. Die O/13 A-span het aan die einde van die rondte gelykop teen Parow-Oos gespeel. Daar is ekstra tyd gespeel en hulle het met 1 punt gewen. Die O/11A-span het teen Totius in die semi-finaal te staan gekom en 12 – 7 gewen. Daarna het die finale rondte vir beide spanne gewag. Albei spanne het teen Nomsa Primêr, vanuit Khayalistha, gespeel. Nomsa gaan al vir ‘n paar agtereenvolgende jare na die Nasionale Toernooi in Boksburg en eindig gereeld onder die top 3 vir hul kategorie. Aan die einde van die dag stap die O/13 A-span met ‘n silwer medalje weg. Hul telling was 6-7. Die O/11 A-span wen almal goue medaljes met ‘n telling van 8-6. Hulle is dan ook die B-liga wenners vir O/11! Baie geluk aan AL die spelers en hul afrigters, juf. Ischké Felix (O/13) en juf. Lucia de Jager (O/11).

/ Netbal, Nuus, Sportuitslae

Op Maandag, 19 Augustus, het van ons netbalspanne hul laaste wedstryde vir die seisoen teen Parklands gespeel.
Die uitslae is soos volg:
O/9 A wen 13-0; O/9 B wen 18-0
O/10 A wen
O/11 A wen 21-1; O/11 B wen 12-1
O/12 A verloor 2-11; O/12 B 2-5
O/13 A wen 20-9; O/13 B wen 7-0

/ Netbal, Nuus, Rugby, Sportuitslae

Op Saterdag, 17 Augustus, het Laerskool en Hoërskool Jan van Riebeeck die pad gevat na Moorreesburg om aan die jaarlikse Interskole te gaan deelneem. Hierdie is ‘n heerlike dag waarop beide skole deelneem. Die wind het ons hierdie jaar amper weggewaai, maar almal het dit steeds geniet.
Rugbyuitslae:
O/7 A verloor 2-4; O/7 B verloor 4-5
O/8 gelyk 0-0
O/9 A wen 5-0; O/9 B wen 1-0
O/11 A verloor 7-12
O/13 A verloor 12-29
Netbaluitslae:
O/9 A verloor 4-10; O/9 B wen 8-0
O/10 A wen 10-4; O/10 B verloor 5-9
O/12 A verloor 1-25; O/12 B verloor 0-12
O/13 A verloor 12 – 14; O/13 B wen 10-8

/ Netbal, Nuus, Sportuitslae

Ons sê baie geluk aan twee van ons netbalafrigters, Bongi Mbayeka (O/8 en O/12) en Mihle Phelekwa (O/7 & O/11). Hulle het gedurende die week van 4-10 Augustus die Kaapstad Netbal Federasie (WP) verteenwoordig by die SA Spar O/21 en Senior Vrouekampioenskappe in Johannesburg. Hulle span het baie goed gevaar en met Silwer medaljes huis toe gekom!

/ Nuus, Rugby, Sportuitslae

Ons klein manne, 0/7 en 0/8, het die kwartaal op ‘n hoogtepunt klaargemaak deur beide hulle wedstryde te wen. Ons 0/7’s was vasgevang in ‘n titaniese stryd en beide spanne het baie mooi rugby gespeel. Die wil was net sterker en hulle het die wedstryd gewen met twee drieë teenoor nul. Die 0/8’s het keer op keer gewys hulle is ‘n span wat nie maklik terugstaan vir enige span nie en het die wedstryd gemaklik gewen. Die volgende wedstryde is vroeg in die derde kwartaal. Vir die wedstrydbepalings, gaan kyk op ons webtuiste vir die volledige uiteensetting van alle wedstryde.

/ Nuus, Rugby, Sportuitslae

Die jaarlikse driehoekigebyeenkoms tussen ons, Goudini en FD Conradie het Saterdag 26 Mei, te Goudini plaasgevind. Dit was ‘n koue oggend en die mis het dig op die velde gelê. Ten spyte daarvan het dit nie ons spanne se moed gedemp nie en het hulle uitstekend presteer. Dit was lekker om ouers, spelers en onderwysers in goeie gees langs die sportvelde te sien.

Die rugbyuitslae was as volg:
0/7’s verloor teen Goudini en wen teen FD Conradie
0/8’s wen teen Goudini en FD Conradie
0/9’s wen teen Goudini en FD Conradie
0/11’s wen teen Goudini en FD Conradie
0/13’s verloor teen Goudini en FD Conradie (net-net teen albei spanne! )

Dit was ‘n baie suksesvolle sportdag. Dankie aan elke afrigter en ouer wat die dag moontlik gemaak het vir elke speler. Hulle het dit baie geniet. Die volgende wedstryde vind in die derde kwartaal plaas.

/ Nuus, Rugby, Sportuitslae

Woensdag het ons 0/8-0/11 spanne teen Reddam te staan gekom. Dit was vriendskaplike wedstryde wat gereël was om ons spelers ‘n wedstryd te gee voordat ons die naweek vir Goudini en FD Conradie aanvat.

Die uitslae was:
0/8 wen 25-20
0/9 verloor 20-5
0/11 wen gemaklik.
Ons wil vir alle spanne sterkte toewens vir die naweek.
/ Nuus, Rugby, Sportuitslae

Ons 0/9 – 0/11 spanne het Woensdag teen Milnerton te staan gekom. Ongelukkig het Milnerton nie 0/7- en 0/8-spanne nie en ons klein manne het eers hierdie week se wedstryde uitgesit. Die 0/9’s het stadig aan die gang gekom, maar gemaklik gewen deur ag keer oor die doellyn te gaan. Die 0/11’s het uitstekend gespeel en was op die dag net te sterk vir Milnerton. Hulle wen gemaklik met ‘n telling van 35-5. Die 0/13’s was in ‘n titaniese stryd en met minder as vyf minute oor het ons ‘n drie gedruk. Alexander Newton se pragskop uit die hoek van die veld het vir die wenpunte gesorg. Ons wen met ‘n telling van 7-5.

Baie geluk aan alle spanne. Ons hou duimvas vir al ons volgende wedstryde.

/ Nuus, Rugby, Sportuitslae

Die rugbyseisoen het Woensdag 9 Mei afgeskop. Al ons spanne vanaf 07 – 0/13 was in aksie en ons spelers het spoggerig gelyk in hulle rugbytruie.
Al ons spanne het pragtig gespeel en nie een span het verloor nie. Hier is die uitslae:
0/7 wen 15-5
0/8 wen 20-5
0/9 wen 30-5
0/11 wen 22-0
0/13 wen 14-12
Dit is ‘n uitstekende begin vir die seisoen. Ons wens vir elke span alle sterkte toe vir die wedstryde wat voorlê.
Volgende week speel ons tuis teen Milnerton. Hulle het ongelukkig net 0/9 – 0/13 spanne. Ons sal ons bes probeer om vir die 0/7-0/8 spanne ook ‘n wedstryd te reël. Alle inligting rakende die wedstryd sal d.m.v. google forms, aan alle ouers wie se kinders speel, gestuur word.

 

Loading...
/ Nuus, Skaak, Sportuitslae

Vrydag, 26 April, het ons skaakspan die tweede WP-liga wedstryd gespeel teen Koeberg Primary. Ons O/13 gemengde span het binne ‘n japtrap ons teenstanders uitgestof en 6-0 gewen. Baie geluk julle!

/ Nuus, Skaak, Sportuitslae

Ons het op 11 April ons heel eerste WP-liga skaakwedstryd gespeel teen Hidayatul Islam college. Ons het twee gemengde spanne ingeskryf. Ons O/11 span het 1.5 – 4.5 verloor. Ons is baie trots op die Schoeman tweeling (Gr.1) wat hul heel eerste wedstryd ooit gespeel het. Dit het goed gegaan met die O/13 span wat hul beste probeer het. Ons het 3-3 gelykop gespeel. Mooi so Jannies!

/ Nuus, Skaak, Sportuitslae

Twee van ons leerders het gedurende die vakansie aan die geslote SA Junior skaakkampioenskappe deelgeneem. Hierdie is ‘n jaarlikse toernooi waar die top spelers in elke ouderdomsgroep meeding om SA kleure.

Carla Snijders het 3/9 behaal in die Meisies o/12 groep. Sy het algeheel 19de geëindig. Petrus Bosman het 4.5/9 behaal in die Seuns o/10 groep en het algeheel 19de geëindig. Baie geluk julle!

 

/ Nuus, Skaak, Sportuitslae

Ons het 8 leerders wat Vrydag en Saterdag aan die Metro Individuele skaakproewe deelgeneem het. Hulle posisies na die naweek is soos volg op die ranglys: Emma Snijders 6de vir O/7 & O/9 dogters; Melandi du Plooy 25ste vir O/7 & O/9 dogters; Louis Bosman 3de vir O/9 seuns; Petrus Bosman 3de vir O/11 seuns; Jan Karsten 15de vir O/11 seuns; Liezel Snijders 16de vir O/13 dogters; Bernard Lombaard 35ste vir O/13 seuns en Keegan Schoeman 41ste vir O/13 seuns. Die leerders wat onder die top 12 geëindig het, ontvang hul WP kleure. Baie geluk almal!

/ Nuus, Skaak, Sportuitslae

Ons skool is bevoorreg om 8 leerders te hê wat aan die Inter-Metro Skaakproewe by Hoërskool Brackenfell gaan deelneem. Hulle sal die naweek vir hul WP klere kompeteer. Baie geluk en sterkte aan die volgende spelers: Emma Snijders, Melandi du Plooy, Louis Bosman, Petrus Bosman, Jan Karsten, Liezel Snijders, Bernard Lombaard en Keegan Schoeman.

/ Nuus, Skaak, Sportuitslae

Vier van ons skaakspelers het Vrydag, 31 Augustus, aan ‘n skaaktoernooi by Klein Boishaai in die Paarl deelgeneem. Dit was ‘n wonderlike ervaring vir ons spelers en baie lekker om bietjie teen ander skole te kompeteer.
Ons het teen 3 skole gespeel. Ons het het verloor teen Eversdal 4-0; wen vir Bridgehouse 4-0 en verloor teen Klein Boishaai 3-1.
Ons sien uit daarna om in die toekoms weer te gaan.Groot dankie aan Kees Snijders wat hulle vergesel het!
Onder van links na regs: Keegan Schoeman, Bernard Lombaard, Liezel Snijders en Jan Karsten

/ Nuus, Skaak, Sportuitslae
Ons agt skaakspelers het behoorlik hulle skuiwe strategies beplan en vir Herzlia Highlands 6-2 geklop. Ons ligawedstryde hierdie jaar is iets om dop te hou, aangesien ons spanlede sover nog nie ‘n wedstryd verloor het nie!!
/ Nuus, Skaak, Sportuitslae

Op Vrydag, 27 Julie, het ons skaakspan teen Reddam House Groenpunt gespeel.
Ons skaakspan het ons eerste wedstryd vir hierdie kwartaal 6-1 gewen.
Ons is baie trots op Louis Bosman (Gr.1) en Willem van As (gr.7) wat hulle eerste wedstryd vir die skool gespeel het.

Loading...
Geen bydraes is gevind nie.
/ Nuus, Sportuitslae, Tennis

Ons het hierdie jaar 5 tennisspanne in twee verskillende ligas ingeskryf. Die eerste wedstryde het reeds 29 Januarie plaasgevind en ons deel die laaste paar weke se uitslae.
Woensdag, 29 Januarie
Gemengde A [Hein Muller, Christian Boshoff, Jana Maree en Mieke Hertzog] vs. Curro Century City wen 6-0
Gemengde B [Alexander Rau, Klara Maree, Stella Lamprecht en Sofia Newton] vs.Parklands Prep wen 6-0
Maandag, 3 Februarie
Seuns B [Dawid-Wiese Viljoen, Daniel Wasserman en Noah Blomerus] vs. Table View verloor 0-6
Woensdag, 5 Februarie
Seuns A [Fredrich Erasmus, Danny Newton, Sebastian Maree en Sebastian Boshoff] vs. Eversdal verloor 1-5
Dogters A [Mia Symington, Heloise Strauss, Katrien Stimie en Chiara Roodt] vs. Kenridge wen 4-2
Gemengde B [Kian Eksteen, Alexander Rau, Gusav Pansegrouw en Stella Lamprecht] vs. Curro Century City wen 6-0
Seuns B [Daniel Wasserman, Kian Saayman, Johan Symington en Noah Blomerus] vs. Van Riebeeckstrand verloor 2-4
Woensdag, 12 Februarie
Seuns A [Jan Karsten, Fredrich Erasmus, Sebastian Maree en Dawid-Wiese Viljoen] vs. Durbanville D wen 5-1
Dogters A [BYE]
Gemengde A [Christian Boshoff, Jana Maree, Mieke Hertzog en Hein Muller] vs. JvR Gemengde B [Kian Eksteen, Alexander Rau, Stella Lamprecht en Sofia Newton] Die twee spanne is in dieselfde groep in die liga ingedeel en moes teen mekaar speel. Die gemengde B span wen 5-1
Seuns B [Daniel Wasserman, Kian Saayman, Andre Marais en Johan Symington] vs. Monte Vista wen 5-1
Baie geluk aan al ons spelers!

/ Nuus, Sportuitslae, Tennis

Ons wil graag vir die volgende leerders baie sterkte toe wens met die Cape Town (WP)-Tennis proewe. Hulle is genooi na hierdie proewe nadat hulle by die sone rondtes gespeel het. Ons is baie trots op Mia Symington, Fredrich Erasmus en Peet Karsten. Baie sterkte julle!

/ Nuus, Sportuitslae, Tennis

Ons het Woensdag, 6 November, die laaste tenniswedstryde vir die jaar gespeel. Al drie wedstryde was ligawedstryde. Die reën het niemand gestop nie, al moes ons elke nou en dan ‘n rukkie onder ‘n boom of dakkie wegkruip.
Die volgende wedstryde is gespeel:
Seuns A [Peet Karsten, Jan Karsten, Fredrich Erasmus en Danny Newton] vs. Gene Louw B….ons wen 5-1
Dogters A [Leila Lonte, Mia Symington,Jacomien van der Westhuizen en Heloise Strauss] vs. Gene Louw B verloor 2-4
Gemengde A [Luca Zulch, Chiara Roodt, Mieke Hertzog en Liza Hertzog] vs. Monte Vista ,verloor 6-0

/ Nuus, Sportuitslae, Tennis

Ons het die week amper ses spanne gehad wat Woensdag, 30 Oktober, tenniswedstryde gespeel het, maar die Gemengde C span se wedstryde is op die laaste minuut uitgestel. Drie van die wedstryde was vir die liga en twee was vriendskaplik.

Die liga-uitslae is soos volg:
Seuns A [Peet Karsten, Alexander Newton, Jan Karsten en Marcelle Eygenberger] vs. Kenridge B gelykop 3-3, Jan van Riebeeck wen met die totale tellings van die potte.
Dogters A [Leila Lonte, Mia Symington, Jacomien van der Westhuizen en Heloïse Strauss] vs. Brackenfell B, wen 5-1
Gemengde A [BYE]
Gemengde B [Sebastian Boshoff, Luca Zulch en Jana Maree] vs. Blouberg Ridge, gelyk 3-3
Die vriendskaplike wedstryd se uitslae:
Gemengde C [wedstryd uitgestel na Maandag, 4 November] vs. CBC St John’s
Gemengde D [Rafa Lamprecht, Sofia Newton, Hein Muller en Markus Smit] vs. Parow-Oos, wen 6-0
Seuns O/11 [Dawid-Wiese Viljoen, Alexander Rau, Daniel Wasserman en Kian Saayman] vs. Welgemoed O/11, verloor 0-6

/ Nuus, Sportuitslae, Tennis

Ons het verlede week 5 spanne gehad wat op Woensdag, 23 Oktober, tenniswedstryde moes speel. Drie van die wedstryde is a.g.v. die reën uitgestel. Die volgende wedstryde het voortgegaan:
Dogters A [Mia Symington, Jacomien van der Westhuizen, Heloïse Strauss en Katrien Stimie] vs. Mikro A, verloor 0-6
Gemengde D [Danny Newton, Lukas Wasserman, Jana Maree en Sofia Newton] vs. Edgemead, wen 5-1

/ Nuus, Sportuitslae, Tennis
Ons het die week 5 spanne gehad wat Woensdag, 16 Oktober, tenniswedstryde gespeel het. Vier van die wedstryde was vir die liga en 1 was vriendskaplik.
Die liga uitslae is soos volg:
Seuns A (Peet Karsten, Alexander Newton, Jan Karsten en Fredrich Erasmus) vs. Durbanville B gelykop 3-3
Dogters A (Leila Lonte, Mia Symington, Neena Lonte en Luca Zulch) vs. Durbanville B verloor 1-5
Gemengde A (Danny Newton, Daniel van Reenen, Stella Lamprech en Sofia Newton) vs. Parklands Sekonêr wen 5-1
Gemengde B (Marcelle Eygenberger, Daniel van Dyk, Mieke Hertzog en Liza Hertzog) vs. Table View verloor 0-6
Die vriendskaplike wedstryd se uitslae:
Gemengde C (Sebastian Boshoff, Darren Cloete, Klara en Jana Maree) vs. De Tyger wen 6-0
/ Nuus, Sportuitslae, Tennis

Baie geluk aan Peet Karsten wat vir die O/14 Distrik span gekies is. Hy beklee die nommer 1 posisie op die rang. Hulle neem die naweek van 18-20 Oktober aan die Inter-Sone toernooi teen spelers vanuit die ander Sones deel. Na hierdie toernooi sal van die spelers na die CT (WP) tennisproewe genooi word. Baie geluk en sterkte vir die volgende rondes, Peet!

/ Nuus, Sportuitslae, Tennis

Ons tennis by die skool gaan van krag tot krag en ons het 4 spanne gehad wat Woensdag, 9 Oktober, die seisoen afgeskop het met wedstryde. Drie van die wedstryde was vir die liga en 1 was vriendskaplik.
Die liga-uitslae is soos volg:
Dogters A [Leila Lonte, Mia Symington, Heloise Strauss en Katrien Stimie] vs. Eversdal C wen 5-1
Gemengde A [Danny Newton, Neena Lonte, Daniel van Reenen en Chiara Roodt] vs. CBC St John’s verloor 4-2
Gemengde B [Sebastian Maree, Luca Zulch, Stella Lamprech en Christian Boshoff] vs. Sunningdale gelyk 3-3
Die vriendskaplike wedstryd se uitslae:
Gemengde C [Sebastian Boshoff, Darren Cloete, Mieke Hertzog en Sofia Newton] vs. Parow Noord wen 5-1

/ Nuus, Sportuitslae, Tennis

Baie geluk aan die volgende spelers wat vir die onderskeie ouderdomme se Distrik Sentraal se spanne gekies is:
Petrus Bosman (O/10) en Gustav Pansegrouw (O/10)
Stella Lamprecht (O/10)
Jan Karsten (O/11)
Mia Symington (O/11)
Hierdie spelers gaan gedurende Oktober teen spelers vanuit ander distrikte speel. Baie sterkte!

/ Nuus, Sportuitslae, Tennis

Gedrurende die jaar neem verskeie tennisspelers aan die WP Wilson toernooie deel. Op 30 Augustus het Petrus Bosman en Gustav Pansegrouw aan die WP Wilson 6 toernooi deelgeneem, die laaste van die reeks toernooie hierdie jaar. Petrus het uitdunne teen 4 opponente gespeel en 3 van hulle gewen. Daar is ‘n A en B groep, Petrus het in die O/10 A groep deelgeneem. Hy is die wenner in die groep. Gustav het in die O/11 B groep deelgeneem en 2de geëindig. Baie geluk manne!