‘n Besige program en konsert gaan beslis nie enige van ons personeel keer om Donderdag hul ninja turtle pakkies of tutus aan te trek nie. Op Donderdag, 29 September, het die personeel drie spanne  saamgestel om teen ons o.13-netbaldogters te speel. Die musiek het gepomp en almal wat vir skool opgedaag het, het om die baan saamgedrom. Almal was gereed vir die kragmeting en die aksie het begin. Ons terreinpersoneel het nie terug gestaan nie en het die o.13 C-span 4 – 2 gewen. ‘n Paar van die graad 7-seuns het ingespring om die spanne vol te maak of in te ruil na halftyd. Die Ninja turtles het daarna die o.13 B-span oortuigend met 10 – 4 gewen. Al brom van die A-span onderwysers dat die skeidsregters te streng was, het hul steeds 7-6 gewen. Baie dankie aan almal wat ondersteun of saamgespeel het.