Die 013-krieketspan het die eerste kwartaal se krieketseisoen op ‘n hoogtepunt afgesluit deur Laerskool Kampsbaai met 34 lopies te klop. Ons manne het eerste gekolf en 113 lopies op die bord gesit. Keegan Schoeman het 53 lopies aangeteken en Jordan Thomas het hom ondersteun en 16 lopies bygedra tot die totaal. Hulle het ‘n sterk vennootskap van 39 lopies gehad, voordat ons ‘n paar vinnige paaltjies verloor het. Kampsbaai is ingestuur om te kolf toe die reën begin val het. Dit het ons manne nie gekeer om alles op die veld te gee nie. Peet en Ruben het albei 3 paaltjies geneem met Jordan, Thornley, Christian en Keegan wat 1 paaltjie elk geneem het om Kampsbaai se wenkoers te vertraag. Christian en Sebatian Boshoff se briljante reaksie vaardighede met die bal het ons seuns in die spel gehou. Alex Newton het dit in styl voltooi met 2 direkte “run outs” en die wedstryd was verby. Dankie manne vir ‘n opwindende wedstyd. Dankie ook aan Christian Boshoff se pa vir die heerlike boereworsrolletjies! Wel gedaan manne, ons sien uit na volgende seisoen!