Die O/11-Krieketspan het op Woensdag, 27 Oktober, Laerskool Van Riebeeckstrand (VRS) se A-span in Melkbosstrand aangevat. Ons het vanuit ‘n lekker warm Kaapstad vertrek en is begroet met die koel seebries wat oor die veld gewaai het.
 
Dit het nie ons spelers enigsins beïnvloed nie en hulle het hulself puik van hul taak gekwyt. Ons het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen. VRS teken 73 lopies vir 9 aan. Daarna is dit ons beurt om te kolf. Conrad Bezuidenhout kry 23 lopies nie uit nie en ons wen met 5 paaltjies.
 
Ons twee nuwe afrigters, Zané en Harry (van Ryan Maron Krieketakadamie), het ons kom ondersteun en vir André Marais as die speler van die wedstryd aangewys. Baie geluk aan juf. Ischké Felix en haar span.  ‘n Baie goeie middag vir almal!