Die O/9 Spanne het Dinsdag, 29 Oktober, teen Laerskool Seepunt gespeel. Hulle het ‘n suksesvolle middag gehad en hul wedstryd gewen.

Die O/11 span het Woensdag, 30 Oktober, onder die skaduwee van Tafelberg teen Herzlia Highlands by Narazeth House gespeel. Die velde en die uitsig was ongelooflik. Werner Steyn en Sebastian Maree het beide 2 paaltjies geneem en slegs 1 lopie tydens hul beurt afgestaan. Jan van Riebeeck wen die wedstryde met 9 paaltjies.

Die O/13 span het hierdie week ‘n loslootjie gehad. Ons beplan ‘n Day/Night wedstryd vir 2 Desember by Groenpunt Krieketklub vir die O/13 span. Meer inligting sal aan ouers gestuur word.