Die O/9 A-span het Dinsdag Herzlia Weizmann se span met 45 – 21 geklop. Die manne het baie mooi spanwerk getoon tydens hierdie oorwinning. Die O/9 B-span het ook ‘n oorwinning teen Seepunt se B-span gehad met 37-24.  Die O/9 A en B spanne het ook verlede Saterdag aan  Laerskool Fanie Theron se Mini-Kriekettoernooi deelgeneem en goed gevaar. Die A span het teen Fanie Theron gewen en ongelukkig teen L/S Stellenbosch verloor. Die B span het ongelukkig beide hulle wedstryde verloor, maar baie goeie spangees getoon. Johan Symington en Marais Groenewald het elkeen ‘n medalje ontvang vir speler van die dag.