Verskeie Jannies het die afgelope naweek, 30 Oktober – 1 November, aan die Inter-sone tennis byeenkoms deelgeneem. Baie van ons spelers het vir die Suidelike span gekwalifiseer en het teen spelers van die Sentraal-sone gespeel.
Adriaan Wessels, Nils le Roux, Gustav van der Linde, Stella Pansegrouw en Ané Swanepoel het die o/10-groep saam met spelers van ander skole verteenwoordig. Adriaan en Nils het die meeste van hul enkelspel wedstryde gewen, asook al hul dubbelspel wedstryde. Stella Pansegrouw en Ané Swanepoel het ook baie goed gevaar en al hul wedstryde gewen. Die dogters se span wen dan ook algeheel van die 4 sones (Noord, Oos, Suid en Sentraal) van die byeenkoms en ontvang goue medaljes. Van ons ouer spelers moet nog hulle Inter-Sone byeenkoms voltooi en ons wens vir hulle baie sterkte toe.
Nadat die spelers aan die Inter-Sone byeenkomste deelgeneem het, word hulle gekies vir die Kaapse Metro (voorheen bekend as WP) proewe wat in Desember plaasvind.