Die 0/13-krieketspan het op Dinsdag, 26 Oktober, teen Laerskool Kampsbaai op hul veld in Kampsbaai gespeel. Kampsbaai het die lood gewen en besluit om eerste te kolf. Hulle teken ‘n reuse 150 lopies in hulle 20 beurte aan.
 
JvR het hul beurt sterk begin, maar kon net 99 lopies aanteken. Kampsbaai wen die wedstryd met 51 lopies. Welgedaan aan al die spelers wat deelgeneem het.