Petrus (Gr.4) en Louis (Gr.2) Bosman het die afgelope vakansie aan die SA Skole Individuele Skaak Kampioenskappe in Kimberley deelgeneem, albei as deel van die Wes-Kaap span. Dit was die laaste been hierdie jaar van die reeks toernooie wat met die distrik proewe in Februarie begin het. Louis het met 3 uit 7 punte 14de geëindig. Petrus het met 6 uit 7 punte 2de geëindig. Petrus is gekies om volgende jaar Suid Afrika te verteenwoordig by die Wêreld Skole Individuele Skaak Kampioenskappe in Peru, Suid-Amerika, sowel as die Afrika Skole Individuele Skaak Kampioenskappe. Baie geluk aan beide broers, dit is uitstekende prestasies!!!!Ons is sommer BAIE trots op julle !