Ons tennisprogram is besig om wonderlik by die skool te groei en ons begin stof in verskeie groter skole se oë skop. Elf van ons leerders (gr. 3 – 7) is genooi om die naweek aan Kaapstad (ou WP) proewe deel te neem.

Baie geluk aan die volgende leerders:

O/10:
Ané Swanepoel (gr. 4), Jeanne van Heerden (gr. 3), Stella Pansegrouw (gr. 3), Adriaan Wessels (gr. 4), Gustav van der Linde (gr. 4) en Nils le Roux (gr. 3)

O/11:
Klara Maree (gr. 5) en Dawid-Wiese Viljoen (gr. 5)

O/12:
Gustav Pansegrouw (gr. 6)

O/14:
Mia Symington (gr. 7) en Fredrich Erasmus (gr. 7)

Hulle ding mee om vir die 2022 Kaapse Metro Skole Tennis Spanne gekies te word. Baie sterkte aan elkeen van die spelers. Julle laat ons Jannie-harte baie trots klop.